Garsfontein-moorde: Name van susters bekend

mes-aanval

Argieffoto

Die polisie het Donderdagaand die name van die oorledenes in Dinsdagaand se aanval by hul huis in Garsfontein in die ooste van Pretoria aan Maroela Media bekend gemaak.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het gesê die oorledenes is as dr. Anna Moloto (43) en haar suster Mahlodi Moloto (39) geïdentifiseer.

“Al drie die oorlewendes word steeds in die waakeenheid van ʼn plaaslike hospitaal behandel,” het Jones gesê.

Die drie oorlewendes is dr. Moloto se 59-jarige lewensmaat, vermoedelik ʼn senior beampte van die departement van toerisme, sy 30-jarige dogter en ʼn huiswerker.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Kol. Kervin Solomons, stasiebevelvoerder van die Garsfontein-polisie, het inwoners Woensdagaand tydens ʼn nagwaak verseker dat die ondersoek hoë prioriteit geniet. “Ons is besig om alle leidrade op te volg en die verdagtes op te spoor en sal geen steen onaangeroer laat nie,” het hy gesê.

Intussen het die veiligheidsmaatskappy ADT gesê hy het sy sigbaarheid in die buurt verhoog. “ʼn Wag is buite die perseel geplaas en bykomende gewapende-reaksievoertuie is in die omgewing ontplooi om die veiligheid van inwoners te verseker. ADT se berader is ook betrek om die slagoffers en familie by te staan,” het ADT gesê.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na drie verdagtes wat Dinsdagaand op die gesin se huis in Miasstraat in Garsfontein toegeslaan en hulle met skerp voorwerpe aangeval het.

Die Moloto-susters is op die toneel dood.

Die aanvallers het met twee televisiestelle en die een slagoffer se voertuig op die vlug geslaan. Die dogter kon kort daarna, Woensdag omstreeks 00:30, daarin slaag om te ontsnap en het hulp by die bure ontbied. Die voertuig is later verlate in Yeoville in Johannesburg opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Pik ·

Ons sal moet begin saamstaan en daadwerklik iets teen misdadigers doen!

Piet ·

Julle weet seker julle praat dalk nou met DIE Pik? Dalk maak hy n voorstel en as julle hom soek om pa te kom staan is hy skoonveld….. met ‘n hengse klomp geld in die sak!

Jean ·

Daar moet ernstig na misdaad in SA gekyk word! Van plaasmoorde tot aanvalle in stedelike- en plaaslike woongebiede! Dis onaanvaarbaar dat die regering onaangeraak hierdeur is! Dis JOU LANDSBURGERS, dis JOU BELASTINGBETALERS Suid Afrika, jy moet julle burgers se veiligheid verseker!!! Hou op rassespeletjies speel om verdeeldheid te skep en stig veiligheids en sekuriteitsgroeoe om die polisie te help! Visible policing werk!! RIV aan die oorledenes! En mag die oorlewendes gou herstel!

anni ·

Dit is absoluut verskriklik,dit wil voorkom of elke nuwe geval se wreedheid en omvang net eskaleer. Sterkte aan oorlewendes en familie.

maria ·

dit is absoluut tragies. mens weet nie waarnatoe nie. ek het gister met n boorling vanZim gepraat . Hy was duidelik goed opgevoed en het pragtige engels gepraat. na n vraag oor wat sy gedagtes was oor suid afrika en xenofobie, ens, seg hy die mense hier is “wicked, they do not want to work, revengeful and cruel” suid afrika is voorwaar stukkend

Andre ·

Dra pepersproei aan jou sleutels, plaas ‘n houer pepersproei in elke vertrek, sit alarms en kameras op, stig buurtwagte, patrolleer die strate, sit kameras op by i gange / straathoeke, en sluit die strate.
Dis OORLOG!

Anoniem ·

Nie almal kan kameras en sekuriteit en al die luukses bekostig nie!

ElgeraineR ·

Dis inderdaad oorlog! Maar ek stem saam met Anoniem, nie almal kan kameras bekostig nie. Die slap regering het totaal en al op elke gebied sy burgers gefaal!
RIV

AL ·

Gaan kyk op You Tube of News 24 se berig gister oor 3 inbrekers in Johannesburg wie snaakse geluide gehoor het en toe maar op vlug geslaan het. Maroela plaas asb daardie video. Dit is n lekker lag!
Met min geld kan jy wonderwerke verrig!

Yolandi ·

Ai dis so hartseer. Ek droom van n land waar almal in vrede met mekaar saamleef, mekaar help en opbou. N land wat vooruit boer en saamstaan vir n goeie toekoms vir ons kinders … Wat word van ons land? Oral om ons is armoede, korrupsie, moord, soveel misdaad en soveel haat… so hartseer

willie ·

soos die spreekwoord lui, die vis begin by die kop vrot word! ons is ongelukkig naby aan die stert!

Penellope Jones ·

Tragiese gebeurtenis wat net weer beklemtoon hoe sleg misdaad in SA hanteer word,
hoe dit geignoreer word en hoe swaar die publiek kry en deurloop onder misdaad.

Ouvrou ·

Ek vra weer, wat help dit daar word nou meer wagte buite daai huis gesit. Of verwag ADT dat hulle gaan kom kyk of daar nog iets te aase is.

VanAfrika ·

en hoekom word daar vir die plaasmoorde nie so vinnig opgetree en bekend gemaak nie/

Ronnie ·

My teorie is dat hierdie ‘n “hit” was, nie ‘n rooftog wat skeefgeloop het nie. Iewers is daar iets wat na dit ruik. Maar dis net my opinie.

LMF ·

Ek kry ok gevoel van n ” hit ” iets gaan nog hier uitkom maar net so gevoel wat ek voel

AL ·

Terwyl die ANC probeer skandale toesmeer, brand die land!!!
Hierdie arrogante spul moet verantwoordelikheid gehou word!!

Theresa ·

Dis ‘n hartseer dag as mens nie meer jou woning in veiligheid mag benut en geniet nie.
Dis ‘n diep betreurde dag as ‘n regering ‘n land faal en aan bewind bly.
Miljoene mense wil net normaal leef en hierdie lieflike land geniet en oppas, sodat dit in die toekoms ook die volgende geslagte kan laat tuis voel. Maar helaas – die afgelope 22 jaar het die teerpad ‘n grondpad geword. Sowaar ‘n hartseer dag met al die negatiewe gebeure met erge trauma vir dié wat dit hoor, sien, beleef.

Kay ·

ek dink ook dit was n hit … ja bring doodstraf terug .. vang hulle net eers.. Hierdie saak geniet baie meer aandag as die plaasmoorde wonder hoekom ?

SARIE VAN HEERDEN ·

ANNONIEM, , meeste mense het beskermersmaatskappye om hul te beskerm en as jy berekeninge maak van hoeveel hulle jou uit die sak jaag sal jy eers sien hoeveel jy spaar met kamera’s waar jy, en ook bv jou kinders, vir wie jou stelsel ingestel is, dadelik toegang het van gebeure in jou huis. Dis ook net ‘n EENMALIGE uitgawe. Ek het dit en selfs jou kinders kan vanaf hul selfone ingaan op jou huis en SIEN wat op’n gegewe oomblik by jou aangaan. Tweedens, daar is ‘n film waarna jy kan teruggaan om te sien wat het bv die vorige 2 dae by jou huis gebeur. Dink weer hieroor, en bereken jou besparings.

Snaaksgenoeg ·

Snaaks hoeveel mense ek gehoor en gelees het toe die storie gebreuk het, gedink het dis witmense wat vermoor is.

Grotman ·

Ek sal dit beter kan se as ek eerder niks se nie. Ek ruik n groot rot!!

Leonie ·

Ai dis verskriklik en so onnodig! Sterkte aan die familie in die hartseer tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.