Garsfontein sê oor “huursoldate”

rugbybalHoërskool Garsfontein in Pretoria ontken dat hy van post-matrieks of sogenaamde “huursoldate” gebruik maak in sy eerste rugbyspan, berig Beeld.

Volgens die berig het Hoërskool Garsfontein in ‘n verklaring gesê die persepsie word geskep dat leerlinge opsetlik ‘n jaar teruggehou word sodat daar ouer spelers in die span kan wees. Die skool sê dis onwaar en dat hulle dit kan bewys.

Maroela Media het gister berig dat die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria besluit het om rugby-kragmetings met Garsfontein en Menlopark te kanselleer, omdat dié skole glo van “huursoldate” gebruik maak.

Volgens die skool is dit bloot ‘n konsekwente voortsetting van ‘n beleid wat Affies al sedert 2007 volg. “Ek het die redes vir ons besluit persoonlik aan Leon Bantjes [hoof van Hoërskool Garsfontein] oorgedra,” het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, aan die webwerf schoolofrugby.co.za gesê. “Affies het ’n beleid dat ons nie teen skole sal speel wat van sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik maak nie.”

TJ Davis, joernalis van die rugbyblad Pale Toe!, het aan Maroela Media gesê dit het reeds in die 1990’s toenemend die gebruik geword om belowende skolespelers vroeg te identifiseer en dan binne die reëls van die SA Rugbyraad aanbiedinge te maak om vir ‘n betrokke skool uit te draf.

“Landswyd het hierdie oorbeklemtoning van die wen van titels onder meer ook die vryheid, wat nodig is om jong spelers te ontwikkel, aan bande gelê,” sê Davis. “Die ‘wen-teen-elke-prys-benadering’ het veroorsaak dat ‘n aantal skole, insluitende Affies, hulle aan skoolkompetisies onttrek het.”

Lees ook:
“Huursoldate” hou Affies uit twee kragmetings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anri ·

Ek was in Lichenburg toe Garsfontein se hoof Leon daar was, en ek weet vir ‘n feit Leon is sterk gekant teen die koop van enige leerlinge vir sport. Hy sal hom nie met sulke praktyke besig hou nie.. al ooit daaraan gedink dat party rugbyspelers nou maar net nie die slimste peanuts in die pakkie is nie? Hulle is goed in iets, los hulle uit en moenie nou die leerders se swak punte bekend maak en hulle verneder nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.