Gasmaatskappye dalk beboet oor prysvasstelling

Argieffoto (Facebook via Easigas)

Die Mededingingskommissie het Donderdag vyf vloeibare petroleumgas-maatskappye na die Mededingingstribunaal verwys vir vervolging oor beweerde kartelgedrag.

Die kommissie het gesê Totalgaz Southern Africa, Oryx Oil South Africa, KayaGas, Easigas en African Oxygen Limited (Afrox) word aangekla van die vasstel van gassilinderpryse.

Die saak dateer terug na Augustus 2015 toe die mededingingskommissaris, Tembinkosi Bonakele, ʼn ondersoek van stapel gestuur het na petroleumgas-maatskappye wat na bewering ʼn ooreenkoms aangegaan of saamgesweer het om die prys vas te stel wat eerste kopers betaal as deposito vir gassilinders.

Sulke gedrag kom neer op prysvasstelling, wat ʼn oortreding is van die Mededingingswet.

Die kommissie het die tribunaal gevra om ʼn administratiewe boete van 10% van die jaarlikse omset van Totalgaz, Oryx, KayaGas en Easigas op te lê. Geen administratiewe boete word teen Afrox versoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

henk ·

en weereens sal die boetes op geen stadium terug kom na die verbruiker wat die slagoffer was nie. inteendeel die prys sal aangepas word om die boetes te dek. dit het ons al gesien met brood, sement, noem maar op. die enigste persone wat wen is die korrupte staat en die skelm instansies wat beboet word. in kort, die kriminele elemente in die land.

Thinus Erasmus ·

Wat ‘n klug, die staat wil privaat maatskappye/ besighede beboet oor prysvastelling van gas silinders, nadat die staat die prys van die gas binne-in reeds vasgestel het?!?!!?!?!??!?!
Waarom het die bevolking nog nie die staat vasgevat oor prysvasstelling van : Brandstof, elektrisiteit en ander produkte en dienste nie?

Piet Pompies ·

Die prys word deur die verbruiker betaal…. twee keer

Henk ·

Vinnig om deposito te vra vir die gasbottels en jy moet maar net betaal. Gaan probeer nou die gasbottels terug gee en jou deposito terug kry as jy nie meer die bottels nodig het nie. Heeltemal ‘n ander storie , kry dit net eenvoudig nie reg nie

Zelda ·

Die gasbesighede is veronderstel om jou volle dep terug gee. Jy moet jou kwitansie hou as jy n dep betaal. Jy kan hul hoofkantoor ook bel en n klag lê.

tiekie ·

dan moet die munisipaliteite ook vasgevat word vir prysvasstelling van krag per eenheid in die blanke woonbuurte waar ons rot ses keer meer per eenheid in die stede betaal as ons bure in mamelodi en vosloorus. een kw, een prys of jy nou r5000 in waterkloof koop of r50 in kanyamazane koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.