Gasontploffing lei polisie na ‘perlemoenstropers’

Argieffoto

Wes-Kaapse polisiebeamptes het Woensdag in die vroeë oggendure op perlemoen ter waarde van R900 000 in ’n huis in Stellenbosch afgekom nadat ’n gasbottel by dié huis ontplof het en die polisie ontbied is.

Twee mans is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen terwyl die huurder van die huis nou gesoek word.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het net ná middernag gereageer op inligting omtrent ’n gasbottel wat by ’n huis in Paradyskloof ontplof het.

Brandbestryders was reeds by die polisiebeamptes se aankoms by die huis in Cynaroidesweg besig om toegang tot die huis te verkry om ’n brand weens die ontploffing te blus.

Die polisiebeamptes het op hul beurt ondersoek ingestel na die omstandighede rakende die ontploffing waarna hulle op ’n groot hoeveelheid perlemoen asook R60 000 se toerusting wat gebruik word om perlemoen te droog, in die huis afgekom het.

Twee Zimbabwiese mans, onderskeidelik 23 en 26 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem terwyl daar nog gesoek word na die Chinese man in wie se naam die huurkontrak vir die huis uitgeneem is.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn, sê Traut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

Ek hoop hy vlug met sy oë oop anders gaan hy nie ver kom nie.Sy status kan nou teruggetrek word en hy kan gedeporteer word,hopelik na Wuhan.

Kokerboom ·

Deporteer al die vervloekte buitelanders wat nie met ‘n vaste werkspermit die land inkom!!!
Plaas ook onus op verhuurders van persele wat hul ten alle tye moet vergewis dat geen onwettige praktyke op persele bedryf word. Die burgery MOET verantwoordelikheid neem!!!

Sandra ·

Nee wat , die agent is net gretig vir kommissie. As daar probleme Kom, trek hulle Klein koppie en skuil agter die eienaar. Vra my, ek weet van

Jeanette ·

Jinne maar SA is ‘n alte lekker land, jy kom oor die grense hierheen en doen net wat jy lus het en hoop om nie gevang te word nie. Mense van ander lande kry kindertoelaag en ons oumensies se pensioene is en bly maar karig. Waar gaan dit alles stop, maar ons het mos nie wette in die land nie, ek jok…….eintlik geld dit net vir die wittes.

Di ·

Boetie sorg vir boetie! maak nie saak waar ookal jy vandaan kom nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.