Gastehuis-aanvaller se appèlaansoek verwerp

Owl and Elephant Lodge Foto: SafariNow

Owl and Elephant Lodge Foto: SafariNow

Themba Mkhize (29) wat die gastehuiseienaar Patricia Rottcher en haar assistent aangeval het, se appèlaansoek is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg van die hand gewys.

Mkhize is in Desember 2011 in die Estcourt-streekshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Rottcher, eienaar van die Owl & Elephant Lodge in Weenen, en Emily Makhatini is aangerand terwyl Mkhize en ʼn medepligtige R1 600 gesteel en nog geld en vuurwapens geëis het. Hulle het Rottcher gedwing om ʼn kluis oop te sluit. Sy het egter nie ʼn sleutel gehad nie en is aangerand. Haar tande is gebreek en haar oordrom het tydens die aanval gebars. Sy kon uiteindelik ontsnap en het kaalvoet deur ʼn veld gehardloop om hulp te ontbied. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.