Gastehuis in Bloem beroof

Argieffoto

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn groep gewapende mans wat ʼn gastehuis in Bloemfontein beroof het.

Kapt. Chako Marope, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het Woensdagaand op die gastehuis in Universitas toegeslaan.

“Vier onbekende mans het omstreeks 23:00 na die gastehuis in Walter Sisuluweg gegaan en gemaak of hulle verblyf soek. Kort daarna het hulle vuurwapens uitgehaal en die ontvangswerker aangehou,” het Marope gesê. “Hulle het die kantoor geplunder en op die vlug geslaan met twee kluise met geld in en twee selfone.”

Die verdagtes het te voet gevlug en geen skote is gevuur nie.

Die Parkweg-polisie ondersoek die saak. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, kan die stasie by 051 507 6000 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

Eers brand Bloem nou n roof …wat gaan an in daardie verfooide anc plek ?

John ·

Bloemfontein is deesdae, of dalk nog altyd, bloot ‘n voorstad van Lesotho, die oorsprong van die ANC wat met behulp van sendelinge opgebou is tot ‘n volwaardige moeder-van-alle-moeilikheid-onderneming, so wil dit lyk. The Lord of the Rings is ook glo hier geskryf. Vreemd. Maar soos die storie lui, is die glo ware ‘eienaar’ van die ringe dit nie noodwendig waardig nie.

My precious ·

Nee John, JRR Tolkien, die skrywer van The Lord of the Rings, is in Bloemfontein gebore, maar het op 3 jarige ouderdom na Engeland verhuis. Hy kon blykbaar lees en skryf op 4 jarige ouderdom, maar om te dink ‘n 3 jarige kon bogenoemde saga neer pen, is effe dik vir ‘n daalder. Die reeks is in Noord Oxford geskryf.

Johan. H. ·

Jammer,, JY MAAK NIE JOU DEURE OOP NA +- 21Hoo in die aand nie, Vir niemand nie.. Groot fout… Tensy jy hulle ken en hulle van jou eie kerk is nie,..

Frans C ·

Die skrywer van Lord of the Rings is sover ek weet, ‘n vrou en nie ‘n man nie.

Mawels ·

FransC “Lord of the Rings” is geskryf deur Tolkien tydens sy verblyf in Engeland onderwyl hy onderrig gegee het aan die Universiteit van Oxford.

Michael ·

Hoe kan mense die polisie help met so n beskrywing.Die 4 mans was hulle wit of swart ,uitkenbare littekens die kleur en model van die kar waarmee hulle gevlug het??

Hendrik ·

Ek wil amper se dat dit tyd is om te trek, saam te trek in/naby Bloemfontein.

John ·

Jammer om te hoor die plaaslike Hobbit-huis is nie die ware jakop nie. My fout, maar Bloemfontein is nie meer die plek om weer kamp op te slaan nie. Een dam van trane is oorgenoeg hoewel die omgewing absoluut ‘witkapitaal’ was in die aanvangsjare en deur die Britte van ‘n sekere boer, ene Brits, gekoop is om hul latere wreedaardige brigade te vestig. Destyds was Dan Pienaar moerasagtig, hoewel mens dit nou skaars sal glo. Ja, dinge verander. En so was die Universiteit ook eens Afrikaans voordat dit met ingevoerde duisendes, uit witkapitaal vervreem is om die middelpuntvlietende krag van die Lesotho-geborge ANC te vorm. Nee, geen goue ring is in Bloem te vinde nie…

Thabo ·

Heng, verstaan nou nie of jy kwaad is vir die Basotho of die sendelinge nie?

Lynette ·

JRR Tolkien is n man Frans C. Jy dink aan die ander reeks van Harry Potter wat deur n vrou geskryf is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.