Gastehuiseienaar geskiet in rooftog; vrou rondgepluk

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man van Brits in Noordwes, die eienaar van ʼn gastehuis op die dorp, is steeds in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat ʼn groep rowers Dinsdag gedwonge toegang tot die gastehuis verkry het en hom in die bors geskiet het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het die man as Riaan Venter (50) geïdentifiseer.

Volgens Funani het Venter, sy vrou en sy dogter geslaap toe hulle wakker gemaak is deur vreemde geluide buite die gebou.

Funani sê Venter het alleen gaan ondersoek instel, en is daarna deur een van die verdagtes raakgeskiet.

“Dit is in dié stadium nie duidelik hoe die gebeure ontvou het nie, maar ons weet die vrou is in die hele proses ook rondgepluk. Die rowers het op die vlug geslaan met ʼn televisie, ʼn selfoon en ʼn onbekende bedrag geld,” sê sy.

Venter en sy vrou, wie se naam nié aan die polisie bekend is nie, is beide na die hospitaal geneem. “Venter is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en sy vrou is vir ligte beserings behandel. Sy is reeds ontslaan,” sê Funani.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Meer inligting oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oom Kalahari ·

@Han, ja dit is so lagwekkend dat hul ‘n saak van gewapende roof ondersoek. Wat van onwettige betreding, dan poging tot moord, aanranding, diefstal/roof.

se maar net ·

Nog n aanvam op Blankes. Wanneer gaan julle wakker skrik en saam staan teen al die moorde

DinkBietjie ·

Afrikaanse mense of Afrikaners kies maar die naam wat jou pas, hulle weet nie wat saamstaan beteken nie. Hulle is so verdeeld in hulle ” klasse ” , en verskillende denominasies van kerke, en hulle staan apaties teenoor alles behalwe miskien rugby. Saamstaan? Nee wat ek sal verbaas wees as hulle kan saamstaan.

Never ·

Neewat die feit dat die hoofstroom media die TWEE JAAR TRONKSTRAF Van Vicky as ‘n oorwinning sien (witmense ingesluit) wys my ek sal nooit saam ‘n ander witte kan staan nie. Nooit nie, ‘n witmens is die grootste verraaier wat jy in jou lewe kan kry . gaan lees maar ‘n paar boeke oor SA se geskiedenis en apartheid en die val van apartheid en die inhegtenisneming van die Boeremag .. en en .. ALLES is deur WITTES georkestreer .. WATCH YOUR BACK!!

Pieter ·

Die swart meerderheid het oorlog verklaar teen die wit minderheid maar al wat ons kan se is bring it on

Elsa ·

Jammer dat dit gebeur. Tyd dat oral op elke dorp, voorstad en paaie mobile eenhede opgesit word wat die booswigte sal afskrik om die dade te pleeg…ontplooi weermag en sekuriteite en kyk hoe sal die misdaad verdwyn, is wat ek glo

anton ·

Hulle mag skiet skiet om dood te maak maar ons mag nie so wat nou

anton ·

anton……….hier is reeds lankal n ”anton” wat op MM kommentaar lewer.
Sal jy asb. n ander naam gebruik/ kry bv. anton2 of anton@……ens.
Ek wil nie moontelike verwarring onder die lesers teweegbring nie.
Baie dankie.

Willie ·

Ek stem saam, dit het on goedgevestigde GPF n jar gevat om vernietig te word deur mense wat nie kan saamstaan en eie gewin wil behartig! Jammer maar ek stem, blankes kannie en wil nie saamstaan nie…

Pierrep ·

Die saamstaan gaan nog lank neem want ons word aan die korthare rondgepluk. Alles wat ons as Blankes in hierdie land doen word as rassisme ens, ens uitgewys en word daar voorbeelde van ons gemaak soos tronkstraf. Die teenoorgestelde geld vir die ander rasse van die land, hier gaan dit oor verdrukking en word sagte woorde gespreek teen diegene wat net wil vat wat hulle nie toekom nie. Die minister is nog glad nie deur CR tereg gewys nie, die majoor kry ‘n tikkie oor die vingers en so kan ons maar aangaan. Ons bly in ‘n land waar daar geen heenkome meer is nie want verwoesting saai, moord en doodslag, kwaadwillige optrede en aanhitsing tot geweld is aan die orde van die dag en word daar niks gedoen om dit te stop nie. Dan is selfbeskikking tog wat ons na moet strewe, die blanke het voorheen uit n’ donker verlede opgestaan, hoekom nie weer nie. Gee aan ons die Noord Kaap, niemand wil tog aar bly nie.

LB S ·

Die Regering sal jou nie ‘n stukkie grond gee nie. Hoekom moet hulle, dis mos Afrika….
Die Blankes moet maar net tevrede wees, take it or LEAVE it, (gaan terug waar julle vandaan gekom het-houding), hulle weier mos om te aanvaar ons is HIER GEBORE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.