Gastehuiseienaar in huis vermoor

Die vermoorde gastehuiseienaar Patrick Johannes. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle ondersoek nog die omstandighede rakende die moord op ʼn gastehuiseienaar van Kaapstad se suidelike voorstede wat met veelvuldige wonde aan sy bolyf in sy huis aangetref is.

Patrick Johannes (59) is blykbaar in die vroeë oggendure van Saterdag oorval nadat inbrekers toegang verkry het tot sy woning in Bunkerweg, Lakeside. Hy is meermale met ʼn mes gesteek terwyl gaste, ʼn Duitser en ʼn Spanjaard wat daar oornag het, weggekruip het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek sake van moord en huisbraak. Blykbaar is ʼn rekenaarmonitor en twee TV-stelle gesteel. “Die oorledene is dood weens verskeie wonde wat aan sy rug toegedien is.”

Sy sê die polisie kon nog geen verdagte identifiseer of enigiemand in hegtenis neem nie. Mense met inligting kan AO E. Ganz by 082 522 1809 bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Skokkend ·

Mens sal nerens meer veilig wees nie, nie in jou huis nie, nie in jou Airbnb of besigheid nie … ons sal maar wegkruip agter slot en grendel en met niemand enige besigheid doen of eers uitgaan uit jou huis nie …Die polisie doen NIKS om misdaad te keer nie inteendeel plaasmoordenaars ontsnap deesdae TWEE KEER op hulle watch .. so dit lyk asof dit nou ‘n patroon aanneem ..

Drieks ·

So sal dit aangaan terwy Anc en Eef voort bestaan as politieke partye.

Hoe nou....... ·

n Lewe vir twee TV’s en n monitor……..dis mos fair of hoe nou…….?

Bokram ·

Dis mos hoe toeruste welkom geheet moet word,as ek hulle is,sit ek nie weer my voete in SA nie

Asmain ·

Ai, net omdat hy homself verdedig het, sit hy nou in die tronk en gaan waarskynlik sy eks misloop en moet duisende rande aan prok kostes betaal.
Die misdadiger is waarskynlik more uit op borg (en verdwyn) of kry regshulp (op belastingbetalers se geld) en kom skotvry
There is just no justice!!

Anoniem ·

Daai 2 toeriste is seker met skreeuende bande daar weg: terug huistoe. Dink net watter negatiewe publisiteit dit vir ons land inhou. In hierdie “flimsy” ekonomie van ons waar elke sent welkom is.

Nettie ·

@Anoniem, jammer om dit so te stel – as daai twee toeriste “met skreeuende bande” daar weg is, is dit baie slim van hulle. En as hulle in die buiteland gaan vertel wat met hulle gebeur het – nog beter: laat hulle ander toeriste afraai om hier WEG TE BLY as hulle hul lewens liefhet. Jammer aan die mense in die toeristebedryf wat finansieël gaan ly hieronder en mense in die toerismebedryf wat hul werke gaan verloor a.g.v. “die boodskap” wat na buite gaan – maar bedank gerus die regering (vir wie julle gestem het) hiervoor.

Jerry ·

SA word tans gereken die vierde gevaarlikste land ter wereld te wees.

Hanna Hoekom ·

Hoop daardie twee toeriste gaan onmiddellik terug na hul lande en vertel hul mense watter riool-land Suid-Afrika werklik is. My vriend is n Amerikaner en hul ambassade en veiligheidsdepartemente waarsku hulle gereeld om nie Suid-Afrika te besoek nie (OR Tambo lughawe word pertinent genoem). Wat n skande! Shame on you Cyril R.

Alida ·

Ek sou se SA moet eerste op die lys wees want hulle wag die toeriste reeds op die lughawe in. BLY WEG.

Alida ·

Ek sou se SA moet eerste op die lys wees want hulle wag die toeriste reeds op die lughawe in. BLY WEG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.