Die 69-jarige man wat Donderdag in ʼn gastehuis in Smithfield in die Vrystaat vermoor is, was in ʼn rolstoel vasgekluister nadat sy bene geamputeer is. Greg May, eienaar van die Lazy Likkewaan, ʼn gastehuis op die dorp, se broer was boonop op pad na Smithfield sodat hulle Saterdag saam sy verjaarsdag kon vier. May het vroeër die week verjaar.
Maroela Media het Vrydag berig die polisie het Donderdagaand op May se liggaam in die gastehuis afgekom. Hy het ʼn steekwond aan sy nek gehad. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.
“Dis barbare wat so iets aan ʼn man sonder bene doen. Hy kon geen weerstand bied nie,” het Hugo Pretorius, ʼn boer van die omgewing, aan Maroela Media gesê.
Volgens Pretorius het May alleen gewoon, afgesien van twee werkers wat hom versorg het. Een van hulle het glo Donderdagaand gehoor hoe die aanvallers gil, “gee ons geld of ons maak jou dood”. Hy sê May het nooit groot hoeveelhede kontant aangehou nie. Volgens die polisie is net ʼn selfoon uit die gastehuis gesteel.
Pretorius sê May was baie toeganklik en daar was elke aand ouens van die dorp wat by hom aangegaan en ʼn paar drankies gedrink het. “Dit [die moord] moes gebeur het net toe die ouens loop. Die rowers moes die roetine geken het.”
Pretorius vermoed die moordenaars is mense wat in die omgewing woon. “Dis tragies en wreed.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Wat word van ons wêreld? Mag May se moordenaars gou gevind en toepaslik gestraf word. Innige simpatie met sy naasbestaandes.
So gaan ons voort…
Volgens die ANC-EFF het”Witmense” mos al die geld…net soos in Zimbabwe destyds, alles wat die regering opdons lê hul voor die “Witmense met al die geld.”
Mag die moordenaars brand in die hel omdat hulle ‘n hulpelose bejaarde vermoor het!