Gauteng-aansoeke verloop glad

Onderwys__4

Argieffoto.

Volgens die Gautengse departement van onderwys is 32 000 graad 1- en graad 8-leerlinge al Dinsdag suksesvol via aanlyn aansoeke ingeskryf.

David Makhura, premier van Gauteng, en Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het by die Orange Farm-taxistaanplek pamflette uitgedeel waarin ouers aangemoedig word om hul kinders vroegtydig te registreer en dit nie tot op die laaste nippertjie te los nie.

“Ons het ʼn geweldige probleem met ouers wat hul kinders na Gauteng-skole toe bring. Ons wil graag teen Junie weet hoeveel kinders ons moet akkommodeer, dan sal ons beter kan beplan,” het Makhura gesê.

Dié suksesvolle registrasies kom ná 2016 se ineenstorting van die webwerf waarop ouers hul kinders kon registreer.

Lesufi het gesê die Orange Farm-area is gekies om die aanlyn aansoeke bekend te stel omdat dit in 2016 probleme veroorsaak het. “Die proses was maklik en vinnig; ek is baie gelukkig,” het een ouer laat hoor. Lesufi verduidelik ouers moet aanmeld en die skool kies wat hulle wil hê, maar dat hulle nóg skole moet kies om seker te maak hulle het meer as een keuse.

Lesufi het mense ook verseker dat hul tegniese span aandag sou skenk aan die feit dat sekere skole nie op die stelsel vertoon nie.

Die departement verwag meer as 300 000 aanlyn aansoeke. Aansoeke sluit op 12 Junie 2017 om middernag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pamela Woest ·

Ek is ‘n Gr 8 ouer vir 2018. Na aanlyding van wat laas jaar gebeur het, het ek redelik begin bekommerd raak oor die proses. Maar ek het binne 5 min die aansoek afgehandel vir twee skole. Ek was aangenaam verras gewees. Ek het klaar die aansoeke en forms na die betrekke skole gevat. Nou is dit die groot wag tot na 12 Junie.

Marie ·

My dogter moet na graad 8 toe gaan, maar is tans en ‘n Elsen klas. Wat beteken dat sy nie eintlik in graad 7 is nie. Kan mens so registreer vir ‘n skool soos Magalies of Suiderberg?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.