Gauteng-ANC gaan selfondersoek doen oor uitslae

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC in Gauteng het gesê hy is bekommerd oor sy stemaandeel wat tot onder 50% gedaal het in sekere munisipaliteite in die provinsies en dat hy moet nadink oor die uitslae.

“Ons bly nederig oor die ondersteuning wat ons in die verkiesing gekry het en ons aanvaar die ondersteuning wat ons gekry het nie as vanselfsprekend nie,” het die ANC se leierskap in Gauteng in ʼn verklaring gesê nadat die DA as die grootste party na vore getree het in die Tshwane-metro na Woensdag se munisipale verkiesing.

“Hoewel die ANC aansienlike steun ontvang het, is ons bekommerd dat ons nie meer as 50% in sekere munisipaliteite gekry het nie. Die ANC in Gauteng het dus besluit om selfondersoek te doen en na te dink oor die kwessies wat baie van ons kiesers opper.”

Die ANC het gesê hy sal “hard kyk” na die tekortkominge wat die party stemme gekos het in die verkiesing. Die party het gesê hy het intussen reeds met ander politieke partye begin onderhandel om koalisies te vorm in die munisipaliteite waar hy nie ʼn meerderheid het nie.

Die ANC sal na verwagting onder andere aan die EFF se deur klop om moontlik koalisies te probeer vorm in die Tshwane- en Johannesburg-metro’s, waar hulle nie ʼn meerderheid stemme gekry het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lance ·

NOU skielik self ondersoek …julle HOOR nie as mense praat nie ….julle skrik 20 jaar later wakker …miskien maar goed want regtig julle is pateties ! SAA Eskom Poskantoor Prasa …genade om maar n paar te noem ….gauteng se strate is die laaste 15 jaar nie eers gevee nie alles val uitmekaar ….NOU wil ons selfondersoek instel ….genade is dikker brille dalk nodig

pieterdp ·

Dit gaan oor koripsie, Swak diens, self veryking, n BEE wat net ANC kardis verryk, E tol en en en. Dit gaan nie oor Aparthuid nie. Nie oor blank. ANC skrik waker julle pakie lekker goed is leeg.

Kobus ·

Sny diep, baie diep, nog dieper en dieper en dieper en dieper……

Julle het in die verlede die lote wat oge maak uitgesny, nou bly net vrot hout oor.

Koos ·

Gaan seker nou n kommisie aanstellings met n regter en ministers om die probleem te ondersoek, oor voorvaders wat nie die mense aangepor het nie. Shame om te verloor issie lekker nie

Zirk ·

Die ANC leierskap weet bleddie goed wat hulle 22jaar lank verbrou het. Hulle’s net totaal onkant gevang. Weereens.! Net soos 1990 se ontbanning. Ek ek het dit al gesê en ek herhaal weerreens. Die ANC was nie, is nie, en sal nooit ‘n land kan bestuur of regeer nie.!

Kobus ·

120/100 vir jou, en laat ek nou nie uitbrei nie, al brand ek, die vlamme staan om my so vurig is ek om my mond uit te spoel. Sjuuuu… sê die beterweter op my skouer met die vlerkies.

KarooKlong ·

Ek gaan nie die anc kritiseer nie. Dalk kom hulle tot verhaal en sien hulle foute raak en dan gaan ek vrek kwaad wees vir myself. Viva! Hahaha

jaco ·

Mark my words: hulle gaan met die mag wat hulle oor die sentrale regering het, die uitslae in Tshwane, johannesburg en Ekurhuleni nietig verklaar, of hulle gaan EFF-beleid heeltemal oorneem en vir malema ‘n adjunk-minister maak

ss ·

Ou Jaco, waar is jy gebore? Jy klink soos n profeet wat met die helm gebore is met al jou voorspellings!

Lh ·

Geen ondersoek is nodig nie, slegs verhoging in IK en aanstellings van vaardigheid.

Bruno Stef ·

Zuma is julle enkele grootste probleem om mee te begin sy ge- giggel van pure verbouereerdheid kan die arme man ook nie verhelp nie.Hy kan nie so vinnig reageer op enige aantyging teenoor sy persoon die verstandelike vermoe laat hom liederlik in die steek.

anna ·

anc julle is swak verlorders vat julle pak soos n MAN DA wys wat in julle steek hou by julle woord sodat almal met die groot verkiesing by julle kan staan

Jan maak n plan ·

Pasop dat die ANC nie dieselfde doen soos hulle laas in Potchefstroom gedoen het nie. Hulle gee net eenvoudig nie die leisels oor nie.

John ·

Jan-Jan… sjooeesh! Of die voeltjies dra jou plan oor aan die radeloses.

Jeanne ·

Hoekom aanvaar julle nie die uitslae nie. Julle het belowe dit gaan vry en regverdig wees, as julle alles gewen het, sou julle NIE ondersoek daarna gedoen het nie, en het julle hoog en laag gesweer dit was FREE AND FAIR, noudat julle slae gekry het, nou moet alles ‘ondersoek’ word, so tipies van ‘n swak verloorder. Hierdie uitslae WAS voorspel, live with it.

Kiepie ·

Jeanne, jy verstaan verkeerd. Hulle sê hulle gaan selfondersoek (introspeksie) doen, nie hulle gaan self ondersoek doen nie. Met ander woorde hulle wil nie ondersoek instel na die verkeisingsproses nie, hulle gaan in hulle eie geledere kyk wat die oorsake is waarom hulle so swak gevaar het en (hopelik) iets doen om die sake aan te spreek. Kom ons wens hulle geluk met die besluit en hoop maar hulle is eerlik daaroor want dit kan net tot beter stelsel en dienslewering lei in al die munisipaliteite waar hulle wel aan bewind gebly het. En wie weet, dalk selfs op nasionale vlak.

Klong ·

Ons sal regeer tot die Here kom
Die Vader werk op wonderlike maniere

Veritas ·

Sover ek onthou was die Gauteng ANC-leierskap onlangs gladnie geneë met Oom Jacob se leierskap nie. Parks Tau het gladnie so sleg gevaar tydens sy termyn as burgermeester nie en tog het die ANC dit net-net gemaak. Dit beteken net dat die ANC as politieke party gefaal het en nie soseer Jhb se stadsraad nie. Moet nie verbaas wees as heelparty ANC raadslede binnekort oorstap na die DA nie.

KarooKlong ·

Manne julle moet pasop, julle kom dalk op goeters af wat julle weer ongesiens sal moet verberg. Die anc is nie engeltjies nie!

grappie ·

Die ANC wil selfondersoek instel oor die uitslae? HEHEHEHE. Stel eerder ondersoek in oor julle optrede – allermins sal dit moontlik die uitslae beinvloed. As ek julle ‘n tip kan gee. Raak ontslae van alle korrupte lede. Selfs as dit die hoof induna insluit.

Hein ·

Moet asseblief nie die ANC-embleem vertoon nie – dit ontstel patriotiese landsburgers…

hans brits ·

“Until Jesus comes”.Die voorvader en tokkolos aanbidders moet versigtig wees wat hulle se.

Lida ·

Die ANC moet nie verander nie. Hulle moet net so aangaan soos die afgelope 22 jaar en meer steel, meer bedrieg en nie hulle beloftes nakom nie dan kry hulle geen stemme in 2019 nie. Yippee dan is ons van hulle ontslae.

John ·

Al die eer aan onse Hemelse Vader! Baie mense was op hulle kniee voor die verkiesing en tydens die verkiesing! Dankie aan al die mense wat vir ons in getree by die Vader se troon. Ek verklaar Jesus as Koning oor Suid-Afrika! Alle eer aan Hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.