Gauteng ANC-munisipaliteite skuld Eskom meer as R500 miljoen

Argieffoto: GCIS

Verskeie ANC-munisipaliteite in Gauteng skuld Eskom meer as R500 miljoen, het DA-LP Ashor Sarupen Sondag gesê.

Sarupen het gesê dié inligting het Donderdag tydens die oorweging van die Wetsontwerp vir die verdeling van inkomste, aan die lig gekom. Die nasionale tesourie het onthul dat drie Gautengse ANC-munisipaliteite agterstallig is met hul rekeninge aan Eskom.

“Merafong City [Carletonville/Fochville] skuld R140 miljoen, Mogale City [Krugersdorp] R173 miljoen en Emfuleni-munisipaliteit [Vanderbijlpark/Vereeniging] skuld R262 miljoen.”

Eskom het vroeër gedreig om kragtoevoer af te sny na munisipaliteite wat agterstallig is met hul rekeninge en oorweeg sy finansiële posisie om dié bedrae in te samel. “Die ANC in Gauteng het homself vroeër daartoe verbind om sy rekeninge te betaal, maar dit wil voorkom of dit net leë woorde was,” het Sarupen bygevoeg.

“Die vraag ontstaan ook wat dié munisipaliteite doen met die geld wat hulle van die belastingbetalers ontvang, aangesien munisipaliteite wins maak deur dienste aan verbruikers te verkoop om bedrywighede te finansier terwyl die diensverskaffers betaal word.”

Die DA sal Paul Mashatile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake en provinsiale voorsitter van die ANC, versoek om die vrae te beantwoord oor die stand van sake en die stand van finansiële wanbestuur waar die ANC in Gauteng regeer, het Sarupen verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

stella ·

Emfuleni betaal elke 3 maande tot R30 000 aan prestasie bonisse aan sy werkers, Dis geld wat vir munisipale dienste moes betaal, geen ander werk plek betaal so baie aan prestasie bonisse nie

jaco ·

ANC-beheerde munisipaliteite skuld R500 miljoen vir die ANC-beheerde Eskom. So eintlik skuld die ANC vir die ANC geld. Dit behoort ‘n baie eenvoudige formaliteit te wees om hierdie skuld bloot af te skryf.

Gogga ·

Ons gaan nooit verder kom met Munisipaliteite en Eskom kom nie! Daar lê net eenvoudig te veel skuld wat nie ingevorder word nie, behalwe uiters swak dienste wat net elke dag verder verswak!!

Gogga ·

Mag ek net vir Maroela vra hoekom word GEEN van my boodskappe geplaas nie? Is ek onder sensuur of iets ! Ek besoek u webwerf elke dag “n paar keer maar niksvan my kommentaar word geplaas nie ! Asb kan ek reaksie hierop kry- ek weetnie meer watter kant toe nie. Baie dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gogga

Kommentaar word gemodereer volgens ons bepalings en voorwaardes vir deelname.
Let asseblief daarop dat kommentaar soms per hand goedgekeur moet word. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk net bloot nog nie goedgekeur nie.

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder saam op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

snoefie ·

hoe durf eskom dreig om kragtoevoer af te sny as hulle te ellendig is om krag aan die publiek self te verkoop? nee nee. pik by. niemand gaan fisies by die garage, munisipaliteit, checkers of PNP staan on krag te smous nie. dit hoef maar net nog n app op jou foon te wees. elkeen weet mos hoeveel krag hulle benodig sorg dat daardie geld in jou bank \ sassa rek is en koop. een eenheid, een prys of jy nou 10 eenhede in vosloosrust of 10 000 in houghton koop. hoe regverdig die munisipaliteit in elk geval gratis huise, krag, water, dienste en studiebeurse aan sekere gemeenskappe as hulle nie eers hulle diensleweransiers kan betaal nie?

Andre ·

Zimbabwe skuld seker so “eight hundred thousand and fourty hundred” He He He!

Eugene ·

Dis net die punt van die ysberg. Wat is die totale skuld landwyd. 80 % verbruikers in Soweto betaal nie krag nie en dit work kort-kort afgeskryf. Ek is bevrees ‘n reuse “black out ” is oppad.

Suzie ·

My suster woon in Sabie en al het jy die “pay as you go” meter word jou krag ook gesny met die beurt krag.

Tammy ·

Daar is net een oplossing. Haal die vingers uit die geldkas. Stel deur regsaksie n ouditeursfirma aan wat elke sent wat die betrokke munisipaliteit inkry of uitbetaal hanteer. Eskom sal moet inspring en die aksie dryf…… Die ouditeursfirma sal dan mense aanstel om die werk te doen en hulle word deur die betrokke munisipaliteit betaal. Ongelukkig sal die geldvrate se salarisse by die munisipaliteit verminder moet word tot markverwant. Siedaar….. geeneen kan die geldkas misbruik nie.

Alida ·

So vinnig as wat die geld inkom van die verbruikers af net so vinnig word dit gesteel. Wat is nuut in die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.