Gauteng benodig minstens 142 nuwe skole

wiskunde-skool-klas.jpg

Argieffoto

Daar sal dringend soveel as 142 nuwe skole in Gauteng gebou moet word as die tekort aan klaskamers in die provinsie uitgewis wil word.

Dit was die bevindinge van ʼn afvaardiging van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) wat verlede maand die provinsie besoek het. Hulle het saam met lede van die Gautengse provinsiale wetgewer die impak van migrasie na die provinsie ondersoek.

“Onder die ontstellende ontdekkings wat tydens die besoek gemaak is, is dat 723 van die 2 207 skole in die provinsie ʼn tekort aan 5 554 klaskamers het, 3 166 klaskamers word by laerskole benodig en ʼn bykomende 2 388 klaskamers moet by hoërskole aangebou word,” het die NRP in ʼn verklaring gesê.

“Anders gestel, beteken dit dat die provinsie 142 nuwe skole benodig waarvan 85 primêre en 57 sekondêre skole moet wees sodat al die leerders wat tans by bestaande skole geakkommodeer, beter versprei kan word.

“Dit sluit ook die skole in wat nodig is vir nuwe residensiële ontwikkelings in Gauteng, en die 114 000 bykomende nuwe leerders wat jaarliks na die provinsie stroom.”

Intussen het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sy eie ondersoek van stapel gestuur om te probeer bepaal presies hoeveel skole daar wel in die afgelope jare in die provinsie gebou is.

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

“Daar is baie verwarring in die media oor die presiese getal nuwe skole wat sedert Panyaza Lesufi se aanstelling as die Gautengse LUR vir onderwys in 2014 gebou is. Die Gautengse onderwysdepartement weier ook om die presiese getal van nuut geboude skole amptelik bekend te maak,” het Elaine Krige, woordvoerder van SOS, gesê.

Lesufi het in Augustus op ʼn inligtingsessie by ʼn skool gespog dat hy sedert 2014 altesaam 47 nuwe skole gebou het, maar volgens Rapport is dit maar net ʼn breukdeel van die skole wat hy belowe het hy sal bou en los nie die behoefte wat geskep word deur die instroming van nuwe leerders in die provinsie op nie.

Hy het aanvanklik in ʼn vyfjaarplan onderneem om binne dié tydperk sowat ʼn 1 000 skole in die provinsie te bou om toegang tot gehalte-onderwys in die provinsie te verseker.

Gauteng se leerdergetalle neem jaarliks met minstens 2,8% toe, wat sowat 70 000 leerders is, weens migrasie na dié provinsie.

“Ons reken as die Gautengse onderwysdepartement hiervoor voorsiening wil maak, moet daar minstens 50 nuwe skole gebou word om aan die aanvraag te voldoen, maar die ideaal sal wees om 70 skole per jaar te bou sodat hoeveelheid leerders in ʼn klas verminder kan word om die beste gehalte-onderrig te verseker,” het Krige gesê.

Krige het met haar navorsing tot nog ʼn skokkende gevolgtrekking gekom dat eintlik net ʼn handjie vol van die nuut geboude skole werklik nuut is. Die meeste is slegs plaasvervangende skole wat tydelike skoolgeboue van reeds bestaande skole op ander terreine met steengeboue vervang het.

“Uit die departement se eie jaarverslae kon ek bevestig dat tien van die 13 ‘nuwe’ skole eintlik net vervangingskole was en nie splinternuwe skole nie.

skoolskoene-2

Argieffoto

“Ons het van hierdie skole in Tembisa, Soshanguve, Olievenhoutbosch en in die noorde van Pretoria besoek en hoewel hulle op die oog af baie indrukwekkend lyk, is hierdie skole nie behoorlik toegerus met genoeg boeke, laboratoriumapparaat, rekenaars en selfs onderwysers nie.”

Krige het gesê een van die hoërskole het ʼn pragtige nuwe sentrum waarin verbruikerswetenskap (ʼn nuwe vak by die skool) aangebied word, maar daar is nie genoeg kooktoerusting vir die leerders nie.

Nog ʼn nuutgeboude laerskool het sy laboratorium en rekenaarsentrum in klaskamers omskep omdat die skool aanvanklik met te min klaskamers gebou is.

Die laerskole wat die SOS besoek het, het nie ordentlike sportvelde nie en terwyl die hoërskole wel oor pragtige sportterreine beskik, het hulle nie sporttoerusting om die sportsoorte na behore aan te bied nie.

“Dit was vir my baie ironies dat die enigste werklike nuwe skool wat ek besoek het met my ondersoek, die skool was met die swakste infrastruktuur en minste hulpbronne. Daar is ook geen groot geleentheid gemaak of mediabesoeke gereël toe die skool amptelik geopen is nie.”

Krige het gesê dat die skole wat met rekenaars, interaktiewe witborde en tablette toegerus is, dit nie behoorlik kan gebruik nie, want hulle is nie aan die internet gekoppel nie.

Nog ʼn uitdaging vir van hierdie skole wat in informele nedersettings gebou is, is dat ouers van die omgewing steeds verkies om hul kinders na ander, duurder skole in die stad te stuur.

“Dit lyk of die ouers nie vertroue in die onderwys of skole daar het nie. Dit beteken die skole se leerders kom van armer gebiede verder weg van die skool af en moet elke dag ver skool toe stap.

“Die skool smeek die departement lank reeds om vervoer vir hierdie leerders te reël, maar die departement versuim om dit te doen.”

Krige het gesê skole het die afgelope tyd riglyne oor hul voedingsgebiede van die departement gekry.

“Hierdie areas is in baie gevalle heelwat groter as die skole se eie vasgestelde voedingsareas. Die SOS is van mening dat Lesufi hierdie nuwe riglyne wil gebruik as oplossing vir die gebrek aan gehalteskole in plekke soos informele nedersettings. Dit kan egter veroorsaak dat leerlinge wat naby die skool bly, nie plek kry in die skool nie, ten koste van leerlinge wat ver moet reis om by die skool te kom.”

Sy het gesê die Gautengse onderwysdepartement sal eenvoudig sy begroting beter moet aanwend en nuwe skole bou om voorsiening te maak vir die aanvraag na onderwys in dié provinsie.

Die Gautengse onderwysdepartement het nie op Maroela Media se vrae oor die bou van skole gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

23 Kommentare

Ferdinand ·

Hierdie land en Lesufie maak my naar en lighoofdig, ek hoort in die intensiewe sorg, waar ek die wit vlag na ‘n paar dae se worsteling hys.

Charles ·

Ek lees die berig met ñ mate van kommer! Die bevolkingsontploffing in ons land sal gestuit moet word!! Huishoudings sal gedwing moet word om kinders tot ñ maksimum van twee te beperk! Ons land het nie meer genoeg water ens. om almal te huisves nie!!! Ernstige geboortebeperking is nodig!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Gelukkig is ek klaar met “skool”, maar toe ek nog verplig was, het ons elke jaar gehoor dat skoolfonds moet styg want “elektrisiteit is so duur”……..Hoekom het niemand in hierdie land nog na die regering gegaan en gevra dat elektrisiteit aan skole teen kosprys verskaf word nie? Hoekom moet ‘n skool dieselfde vir elektrisiteit betaal as ‘n fabriek of winkelsentrum? Skool is mos nie winsbejag nie? Die ouers eindig op met enorme skoolfonds, want hulle betaal hulle eie huise se water en ligte rekening….en dan nog die skool s’n ook!!!…en die munisipaliteit maak vet “wins”!!

Louis le Roux ·

Lesufi moet sy persoonlike politiekery opsy skuif en sy werk begin doen.

Andrea van Vuren ·

Lesufi moet vuurhoudjies en petrolbomme by leerders verban, dan sal daar genoeg skole wees vir die vinniggroeiende bevolking!

Sarel Strydom ·

Hoeveel Onderwysers. Help nie skole word gebou en daar is nie personeel nie. Dan gebeur selfde as met Hospitale. Ongebruikte reūnis.

SjN ·

Bestaande skole en infrastrukture word dan nie eers in stand gehou word nie, Lesufi moet minder rasgedrewe stellings maak en die kinderpensioen moet gestaak word.

Priscilla ·

Ongeveer ses jaar gelede is n nuwe skool in Vosloorus langs N3 gebou…..dis nooit gebruik nie en vandag is die skool al stuk vir stuk weggedra………. hoekom is daardie skool nooit gebruik nie? Kan iemand ondersoek instel?

Liana ·

My huiswerker wou aborsie laat doen maar kliniek suster het haar daarteen geadviseer. Hulle glo nog dat kinders is jou rykdom. Maar in dieselfde asem moet die staat vir almal sorg want dit is die staat se skukd dat hulle arm is en nie vir hul kinders kan sorg nie. As jy nie kan sorg vir n kind nie moet nie kinders he nie. Hoe verstaan hulle dit nie. Die resultaat is jy maak besluite om kinders te kry maar vat geen verantwoordelikheid daarvoor nie en dit word gekweek om van geslag tot geslag oorgedra te word. Waar begin veranrwoordelikheid en waar stop dit? Vra maar net.

Andre ·

Hoeveel is deur ANC en EFF lede af gebrand? In plek daarvan dat die uwe minister van onderwys net alewig wil wegdoen met Afrikaans in skole, hoekom prioritiseer hy nie net bietjie nie… Dit is die ANC se beleid om ander te na te kom ten koste van hul mense want as hul onopgevoed bly sal hul blind bly vir die foute van die regering… Maar slegs ‘n week terug het hul gese aan die media dat daar genoeg onderwysers is so dit is reg as onderwysers buiteland gaan werk! Penny wise, pound foolish soos die Engelsman sal se… Toe EFF, gaan brand nog ‘n paar want jul moet een of ander punt bewys

Siek en sat ·

Lesufi hou op praat en bou die skole en moet net nie weer onderwysers invoer van buirlande af nie want dit werk nie. Jy maak in elk geval net lee beloftes. Daar gaan niks van kom nie. Julle het al 20 jaar laat verbygaan.

Kiewit ·

Mag ek net vra..wat van die skole veral in GP provinsie, wat toe is en net op geknap kan word in plek van bou ‘n nuwe met ‘n korupte ondertoon?

Manie ·

Lesufi wag nou vir een of ander ras kwessie. Dit is al wanneer hy werk. Maar skole bou is te veel werk vir hom

John ·

Hoekom nader die Afrikaanse skole nie hul prez nie of is hy net Les se baas. Of sal CR ook se daar is geen tekorte aan skole nie en die Afrikaanse leerders word nie bedreig nie. Traai sommer ook om vir Trump die inligting te stuur. Hy behoort 2+2 te kan uitwerk.

Koos1 ·

Hoekom nuwes bou? Kom ons volg die ANC roete. Vat die suksesvolle voormalige model C skole, dwing hulle om te verengels, laat hulle standaard val tot die vlak van ander skole en spog dan dat almal nou gelyke onderwys kry. Die mos nou werklik ‘n goeie storie om te vertel uit die ANC se mond!

L ·

HTS (Hoër Tegniese Skool) in Vereeniging het net vergaan…. Kon nog n skool gewees het, maar toe was dit Afrikaans…. Dit alles op Lesufi se “watch”. Glo daar is nog baie sulke vergaande leë skool geboue wat nou net daar staan vir vandaliste.

Hoe nou? ·

In Vanderbijlpark moes twee laerskole ‘n paar jaar gelede saamsmelt sodat die een skool se gebou kon plek maak vir een van die regering se skole. Daardie hele skoolgebou staan vandag leeg. Nog skole bou? Vir wat?

Anita ·

Op platteland is baie skole (en selfs sekere woongebiede in stede) waar die agteruitgang sommer sienderoë gebeur het. Net soos die res van hierdie dorpe.
Dit is amper soos daardie “before” en “after” foto’s. Maar dit is asof almal die ‘voorheen’ vergeet het en glad nie besef dat goeie bestuur ook instandhouding behels nie.
Uiteindelik moet almal dan die armsiestog prentjie uitstaan omdat ‘ons’ onder ‘n boom skoolgaan want die klaskamerdak het ineengestort óf daar is nie meer skoolbanke om op te sit nie óf een of ander rampsalige storie.
Dan moet almal sommer ‘n nuwe skool kry of nog beter – opgelaai word en invaar daar waar sake nog beter lyk omdat dit beter bestuur word.
Ag, en dan is ons gou-gou ontevrede oor alles en nog wat.

Sanet ·

Charles, moet met jou saam stem, daar sal ernstig moet gekyk word na hoeveel kinders jy mag he. Maar daar mag nie met hulle oor so n onderwerp in gesprek getree word nie. Hulle wil dit nie hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.