Gauteng bereik viruspiek

Hoewel wetenskaplikes sê getalle in Gauteng is gaandeweg besig om te daal, waarsku hulle terselfdertyd dat die daling nie genoeg is nie. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Gauteng se hospitale is steeds onder groot druk en infeksies bly hoog – maar die provinsie het die “kruin van die derde golf van die Covid-19-pandemie bereik”.

Teen Donderdag is 9 063 pasiënte in hospitale in die provinsie vir Covid-19 behandel. Hiervan was 3 429 in staatshospitale en 5 634 in private hospitale.

“Die regering en die private sektor hou die situasie steeds dop en indien die behoefte ontstaan, sal beddens weer aangewend word om bykomende kapasiteit te skep vir diegene wat hospitalisasie benodig,” lui ʼn verklaring van die regering.

Hoewel wetenskaplikes sê getalle in Gauteng is gaandeweg besig om te daal, waarsku hulle terselfdertyd dat die daling nie genoeg is nie.

“Die provinsie is bekommerd dat daar moontlik ʼn verandering in die afwaartse koers van nuwe Covid-19-infeksies kan wees weens die onlangse betogings. Die betogings kan dalk beteken dat dit die provinsie langer neem om die kurwe af te plat.”

Teen gister het 799 454 mense in Gauteng reeds positief vir Covid-19 getoets en 793 166 mense het reeds herstel. Tot dusver het 14 991 mense in die provinsie weens die virus omgekom.

Meer as 1,6 miljoen Gautengers het ook reeds geregistreer op die regering elektroniese databasis vir inentings en teen gister is net meer as 1,1 miljoen mense in die provinsie reeds teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daleen ·

Was dit maar so maklik gewees Hennie maar ongelukkig is daar ‘n eed afgele wat die onmoontlik maak….

Maggies ·

Na hierdie week gaan die getalle ontsettend hoog klim. Kan myself nie indink dat Gauteng die piek bereik het nie. Sal maar wag en sien.

Janneman ·

799454 positief getoets en 793166 reeds herstel. Dit los ons met verskil van 6288. Van die 6288 het 14991 gesterf en daar is tans positiewe gevalle. Of ek weet niks van wiskunde af nie of iets maak nie sin nie. ????

koos10 ·

Hulle het die wiskunde sommetjie vir Zuma gegee om hom besig te hou in die tronk!

Jan ·

Die infeksies word aldus PANDA sedert die tweede golf deur die maatreëls aangedryf. Dus, solank die belaglike, onbeproefde en onwetenskaplike pogings om uitbrake en verspreiding te “beheer” voortduur sal die pieke al hoe hoër raak.

MakersMark ·

Regtig ? Kyk na infeksie syfers dit neem AF nadat strenger maatreëls drie weke terug ingestel is. Derde keer dat infeksies afneem na strenger maatreëls. So wat jy sê is vals.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.