Gauteng bestee miljoene aan ongeakkrediteerde opleiding

Gauteng (sonder die Blou Bul) – Suid-Afrika se toekomstige rugbykampioen?

Die Gautengse departement van maatskaplike werk het meer as R51 miljoen verkwansel aan opleiding wat nie geakkrediteer is nie.

Só het Thuliswa Nkabinde-Khawe, Gautengse LUR van maatskaplike werk, die afgelope week gesê in antwoord op ʼn vraag wat die DA in die Gautengse wetgewer gevra het. Volgens Nkabinde-Khawe het haar departement R51,1 miljoen bestee aan ʼn reeks kursusse wat deel gevorm het van die jeugontwikkelingsprogram. Nkabinde-Khawe het gesê tydens dié program is 53 780 jong mense opgelei en bemagtig met verskeie lewensvaardighede en tegniese opleiding.

Nkabinde-Khawe is Vrydagaand in ʼn hospitaal dood. Die oorsaak van haar dood is nog nie bevestig nie.

In ʼn verklaring wat die DA Sondag uitgestuur het, sê Refiloe Nt’sekhe, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer, die kursusse in lewensvaardigheid was nie geakkrediteer nie. Hierdie kursusse is bedoel om jong mense se interpersoonlike vaardighede soos kommunikasie, spanwerk en probleemoplossing te verbeter.

“Dit is kommerwekkend dat die departement miljoene spandeer het aan kursusse wat nie geakkrediteer is nie, terwyl ons jong mense steeds nie die basiese vaardighede het wat nodig is in die werksomgewing nie,” sê Nt’sekhe. Hy sê jong mense sal meer baat vind by vaardighede wat hulle in staat sal stel om ʼn werk te kry en geld te verdien. “Die departement moet eerder daarop fokus om jong mense op te lei in skaars vaardighede, sodat hulle toegang het tot werksgeleenthede in die provinsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Linda J ·

Snert, mense studeer in alle diplomas en grade en kry papiere maar kan nie die verdomde werk doen nie maar die pos kry hulle wat die papiere beteken mos alles nie ondervinding nie. Ek sonder graad of diploma doen my werk beter as die een met papiere na 30 jaar se ondervinding maar die pos is my nie beskore nie want ek het nie papiere nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ongelukkig is daar nie ‘n “kursus” in potensiaal nie. Jy het dit….of jy het dit nie….Shame man.

andre ·

Gee opleiding in kodering (rekenaar programmering), son- en windkrag en ander vakleerlingskappe.

Dit is wat in aanvraag is!

Gert van Wierdapark ·

Die kossies was darem seker lekker by die geldmors kursusse????

Wees Positief ·

Ag, mense, kom ons wees tog positief. Hierdie berig is nie nou so belangrik nie want die bokke het immers gewen. Rassie het ons nou hoop gegee.

Willehond ·

Aag asseblief!! Dink net verder as jou volgende toilet besoek asb!!!!

Pampoen ·

Wonder net hoeveel familielede het by die projekte geld gekry vir sogenaamde opleiding

Ella ·

Ek is so siek vir die Bokke. Hulle het gewen in rugby maar ons land se probleme is nog presies dieselfde.
Niemand het aangebied om ons skuld te betaal of dat kotrupsie gaan stop.
Oor n week het almal die euforie vergeet en nuwe skokke gaan opduik sonder enige gevolge vir die beskuldigdes.

Mieke ·

A nee a Ella!
Jy is nou sommer ‘n suurpruim!
Dis nie diebokke de skuld wat in die land aangaan nie!
Gee krediet waar dit geld. Welgedaan bokke, ons probleme word nie minder nie, maar desondanks al ons problemen het julle bo dit uitgestyg en die beker huistoe gebring. Welgedaan.
Die bedrog het togniks met ons bokke te doen nie. Sien tog die liggie in die middel van die tonnel……..

Ronel ·

Nee, die staat sluk dit. Die staat maak gebruik van buite instansies om mense in rigtings op te lei met die belofte van betaling. Buite instansies spandeer miljoene om mense uit basies onbegaanbare gebiede met busse aan te ry, verblyf te gee, etes ingesluit, opleiding te verskaf met vervoer en n salaris. Dan word betaling nooit gemaak nie. Viva kurrupte SA. En die staats”brats” wat die regering kweek, verwag alles op n skinkbord maar le rond te lui om die opleiding sessies by te woon.

JohanR ·

Niks van die 51 miljoen is in my bank rekening nie. Weet iemand miskien…..how I can make it happen??

Transvaalse nooi ·

Johan, laat weet my ook hoor, ek wil graag studeer.

skurweberg ·

As ek na die van, van die LUR kyk glo ek dat hy ‘n geleerde man is. Net hierdie raad. “Opleiding en die sukses daarvan moet vergelyk word met ‘n huis wat jy wil bou. Jy moet by die fondasie begin en nie by die dak nie. Belastingbetaler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.