Gauteng betaal R276 m. vir mediese nalatigheid

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die departement van gesondheid in Gauteng het die afgelope twee jaar R276 miljoen opgedok vir eise weens mediese nalatigheid.

“Hierdie inligting het aan die lig gekom in dokumente wat ek van die departement ontvang het kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia),” het Jack Bloom, woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie, in ʼn verklaring gesê. “Die grootste uitbetaling was R16,5 miljoen in die saak van Kutloano Ntsebeng Makgomarela, wat breinskade opgedoen het toe sy by die Tembisa-hospitaal gebore is.

Die departement van gesondheid was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

Volgens Bloom het die balju in die 2013/14-finansiële jaar altesaam sewe keer besoek afgelê by die departement weens agterstallige betalings, met R4.4 miljoen wat bestee is aan rente vir agterstallige rekeninge.

“Altesaam R155 miljoen is in 2013/14 vir 59 eise uitbetaal en R121 miljoen in die vorige jaar vir 51 hofsake,” het hy bygevoeg. “Die styging is kommerwekkend, net soos die departement se swak hantering van hierdie sake. Die departement het die afgelope vier jaar nog elke saak verloor.”

Bloom het gesê hy sou hoop dat die hofsake die departement sou aanmoedig om slegte mediese praktyke uit te roei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Elke departement in die land moet van bo af skoon gemaak word.
BEE het nie gewerk nie.
Saam kan ons opbou, nie volgens kleur nie.

Dave ·

Nie eens seker van die ‘saam opbou’ nie Drieks. Dan sal hulle x-persentasie van vooruitgang moet lewer waartoe hulle nie bevoeg is nie.

dries ·

Moet nie bekommerd wees nie, die belasting betaler sal die ou bedraggie reg stel.

CHRISTA ·

Hulle moet verder ondersoek instel. Dalk is hierdie dokters nie eers gekwalifiseerd nie – kyk maar na die ministers en ander staatsamptenare wat beweer dat hulle grade het en dan kom dit jare daarna uit dat hulle nie eers ‘n vorm by ‘n universiteit voltooi het nie. Wys jou waarom ons president en ministers nie eers die hospitale vertrou wat deur hulle eie regering bestuur word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.