Gauteng-dokters word nie vir oortyd betaal nie, sê DA

Jack Bloom, DA-LP (Foto: DA-webwerf)

Die departement van gesondheid in Gauteng moet dringend verduidelik waarom dokters nie oortydbetaling ontvang nie en dit so vinnig as moontlik regstel, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

Talle dokters by Gauteng-staatshospital word nie vir oortydwerk betaal nie en het gehoor dat die departement “nie geld het om hulle te betaal nie”, het Jack Bloom, woordvoerder vir die DA, gesê. “Ek het berigte ontvang dat dokters by Tembisa, Leratong en Yusuf Dadoo-hospitale, en moontlik ook by ander hospitale, nie oortydbetaling ontvang nie,” het hy verduidelik.

Sommige dokters by Chris Hani Baragwanath-hospitaal het ook te min betaling vandeesmaand ontvang, maar het gehoor dat dit ʼn administratiewe kwessie is wat opgelos moet word.

Boy Ngobeni, departementshoof, het egter skriftelik bevestig dat die departement van gesondheid opdrag gegee het dat oortydbetalings nie gedoen moet word aan mediese beamptes nie.

Dit volg ná alle nuwe mediese aanstellings gestaak is en die vermoë van hospitale, om voldoende gesondheidsorg te bied, hierdeur geraak word, het Bloom bygevoeg. Dokters dreig nou om op te hou om in die aande, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk.

“Die departement moet dringend verduidelik waarom dokters te min betaal word en dit so vinnig as moontlik regstel,” het Bloom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Vir wat kla julle?
Doen eenvoudig iets daaraan. Moenie dreig nie, staak eenvoudig om buite normale ure te werk. Dis die taal van die die meerderheidsregering wat reaksie verseker.

Katvis ·

Ek ken iemand wat as Dr. by n staatshospitaal werk. Hy werk lang ure en gee meer as 200%, ondanks stukkende aparate en slegte omstandighede. Dit is sy passie. Ek skaam my dood as ek die departement is.

Paul ·

Ek neem aan die betaling is sekonder aan die diens, of HOE????

Anoniem ·

En wat van die +- 130 dokters wat wag op poste by die staatshospitale om hul internskap of gemeenskapdiens te verrig? Ek wonder of die geld vir hul salarisse gebruik word om deels die Esidimeni slagoffers se families te betaal?

Jpm ·

Ek haal my hoed af nou onlangs met baragwanath te doen gekry as gevolg van n famielie krissis. Die diens vriendelikheid en profinalisme was uitstekend. Die toegewydheid van personeel ,dokters ,verpleerers en skoonmakers was so uiters goed
Dit was beter as die sogenoemde privaat hpspitaal in Florida.

Toemaar ·

TOEMAAR Hulle haal in as hulle hulle eie praktyke het . net ‘n bietjie vasbyt en jy kan R1600 vir ‘n besoek vra en R6000 vir enige prosedure wat jy in jou spreekkamer uitvoer met jou eie narkotiseur ook nog .. vasbyt manne . julle is een van die dae miljoeners … nog net ‘n klein rukkie om uit te hou ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.