Gauteng-EFF ontstoke oor Malema

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Julius Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se verkiesingskonferensie by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto: Getrude Makhafola/Sapa

Ontstoke afgevaardigdes van Gauteng het Maandag uit die Ekonomiese Vryheidsvegters se verkiesingskonferensie gestorm toe bykomende lede vir die party se bestuurspan aangewys moes word.

“Ons sal eerder teruggaan na die ANC,” het een van die afgevaardigdes gesê. “Malema is ʼn leuenaar,” het ʼn ander een gesê.

Die afgevaardigdes het gekla oor die nominasieproses wat pas tevore tydens die konferensie by die Universiteit van die Vrystaat plaasgevind het. Die name van 35 lede is voor die nominasieproses op ʼn dokument getik en aan die afgevaardigdes uitgedeel. Hulle is daarna genomineer en onderskryf. Die name wat nie op die lys was nie, is nie onderskryf nie.

Afgevaardigdes van Gauteng, wat die meeste uitgesproke was, het geweier om deel te neem. Terwyl die groep buite gaan sing en dans het, het ʼn klein groepie aan die media gesê die lys word op hulle afgedwing. “Dit is nie demokraties nie. Hulle het vir ons die lys gegee. Ons het nie hierdie persone genomineer nie. Julius Malema is ʼn leuenaar,” het een van hulle gesê.

Hulle het die lys verbrand terwyl hulle gedans het.

Die groep het gesê Malema toon ANC-neigings om sy eie mense in magsposisies aan te stel. “Hoe kan mens ʼn lys op afgevaardigdes afdwing? As hy na die ANC toe wil gaan, dan moet hy gaan.” Hulle het gesing Malema is ʼn verraaier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fourie ·

Mooi man – hy Malema is ‘n laaitie wat sy groot bek wil rek in die groot mens wêreld – hy is ‘n opperste rassis – verseker. Gaan pas beeste op Malema, dit pas jou beter!!

Drieks ·

Ja nee, hy stap die Anc pad. Diktator met geen toekoms, behalwe om armoede te vermeerder.

Lin ·

Presies dieselfde as die huidige ANC leier , wat in elk geval by Mugabe boer……wonder net hoekom HULLE ALMAL nie maar by Mugabe Gaan bly nie? Hier is nie plek VIR Enige leiers met enige waardes nie .Ek glo nie HULLE ken die woord waardes in elk geval nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.