Gauteng gebruik pandemie om hospitaalbestuur te verbeter

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die waarnemende LUR vir gesondheid in Gauteng, Jacob Mamabolo, het Maandag die gemeenskap van Gauteng se Wes-Rand die versekering gegee dat die Anglo Gold Ashanti-hospitaal, wat as deel van die noodreaksie op die Covid-19-pandemie deur die mynmaatskappy geskenk is, voortaan steeds gebruik gaan word om gehaltegesondheidsorg in die streek te verskaf.

Mamabolo het vroeër ʼn voorlopige oudit gedoen oor Covid-19-gesondheidsinstellings in Gauteng en sê die provinsie is verbind daartoe om ná die pandemie in sogenaamde nalatenskapprojekte te belê. Dit sluit in groot opknappingswerk en bykomende beddens by bestaande hospitale.

Volgens Mamabolo is die Anglo Gold Ashanti-hospitaal een van dié langtermynbeleggings vir die Gautengse departement van gesondheid.

Die fasiliteit gaan eindelik ʼn hospitaal met 175 beddens wees en sal waarskynlik as streekshospitaal geklassifiseer word. Dit gaan volgens die departement die dringende tekort aan hoësorgbeddens in die Wes-Rand-distrik verminder en druk op die Leratong- en Carletonville-hospitaal verlig.

Dit sal deel vorm van die Charlotte Maxeke Johannesburg- akademiese hospitaalgroepering en gaan algemene mediese sorg, asook sorg vir geestesgesondheidpasiënte verskaf.

“Die Anglo Gold Ashanti-hospitaal vorm deel van ʼn belangrike ingryping om te verseker dat die gemeenskap ná die pandemie beter daaraan toe is, aangesien hulle in die toekoms toegang tot beter infrastruktuur sal hê,” het Mamabolo gesê.

Die departement sê hy het die pandemie ook gebruik om samewerking tussen hospitale en die bestuur van beddens te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Wel ten minste erken hy hulle GEbruik die pandemie. Of is dit MISbruik? Dis nie asof hy en sy onbevoegde mede pligtiges iewers iets sepf DOEN wat n verskil maak nie?

Anel

En waar gaan die personeel vandaan kom? Hoop maar die mense van die omgewing wat van die diens gebruik gaan kan maak, sal voldoende gehelp kan word en dat die plek nie ook binnekort gaan verval en soos al die ander soirtgelyke instansies gaan lyk nie. Ek hoop glo maar ek is verkeerd.

Hennie

Asseblief… Gehalte gesondheidsorg moet eintlik lees “vervalle, beperkte sangoma dienste”! Sal die LUR en die kabinet daarheen gaan? Sekerlik nie!

Sarel

Verduidelik dan hoekom Pasiente die deur gewys word en nie gehelp word nie

Mallie

Kyk hoe netjies is die plek. Hoe gaan dit oor drie maande lyk.