Gauteng-gedeelte van dodelike Moloto-pad ook aan Sanral oorgedra

(Argieffoto)

Die Gautengse gedeelte van die berugte Moloto-pad, in die noorde van Pretoria, gaan aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) oorgedra word.

Talle dodelike ongelukke vind jaarliks op dié pad plaas.

Die pad verbind Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Afgesien van motoriste, vervoer busse daagliks duisende pendelaars op die roete.

Die DA in die provinsie plaas al ʼn geruime tyd druk op die LUR vir vervoer in die provinsie, Jacob Mamabolo, om die Gautengse gedeelte van die pad aan Sanral oor te dra.

Mpumalanga en Limpopo het reeds hul gedeeltes aan Sanral oorgedra.

“Die Gautengse departement van paaie en vervoer het bloot net nie die kapasiteit of begroting om te verseker dat die pad opgegradeer word nie,” het Janho Engelbrecht, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer, gesê.

Sanral beoog glo om die pad van ʼn enkelbaan na ʼn dubbele baan te verbreed.

“Die pad het veral oor die Paas- en Kerstyd ʼn hoë ongelukskoers. Tans het die pad ook nie enige duidelike padmerke óf straatligte nie,” het Engelbrecht gesê.

Die DA sê hy gaan opgraderingswerk aan die pad fyn dophou omdat verdere lewensverlies op die pad net nie meer toegelaat mag word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ig ·

Julle kan die pad oordra aan wie ookal, as die onwettige en wettig gekoopte lisensies nie end kry nie gaan die slagting voortduur op die paaie

Joe Olivier ·

Ordentlike wetstoepassing ipv selektiewe wetstoepassing, en die deurvoer van oortreders tot in die hof sal al klaar die dodetal halveer. Maar nou ja dis bietjie baie gevra.

Vonkprop ·

Laat Herman Mashaba die pad bou namens die DA se klagtes. Hy is mos nou los en soek seker iets om te doen. Dis nou as die EFF hom nie opraap nie.

thelsa ·

Hoe gaan die oordra van die pad na nuwe eienaars nou die padsterftes aanbring. Dis soos om die kouse van ‘n rugbyspan te verander en dan te dink dit sal beter gaan. Liewe hemel mense!! . . en ons glo dat die aksie deurdink is.

Ella ·

Dis nie n “dodelike pad” nie. ‘n Pad maak niemand dood.
Dis die dodelike bestuurders wat mense laat doodgaan.
As bestuursgedrag verander sal daar beslis minder mense op die pad gedood word.

Ria ·

Wat my betref, is die pad in n baie toestand as baie ander paaie. Daar is nie eers slaggate nie. Die bestuurders moet net die padreels toepas.

Dries ·

Ag asb ons hoor dit nou al vir die af gelope agt jaar die slim ANC moet op hou geld mors op nonsens en die spoor weg reg kry so kan hulle dalk die wat hulle best lisensies gekoop het van die pad af hou

Johanna Botha ·

Dis nie die pad dit is die mense wat op die pad ry !

EO ·

Johannah, Ek stem saam dis nie die pad. Ek so ‘n rukkie gelede op die pad gery. Die pad is nou pragtig, in vergelyking van ‘n klompie jare gelede. Die taxi- en busbestuurders is die gevaar! Hulle vat verskriklike kanse. Gaan verby op soliede wit strepe.

WitBlits ·

Natuurlik moet hulle tolgelde hef op die pad, want wie gaan betaal vir die kapitale uitleg van die ekstra bane!!
E-tol gebruikers moet swaar hoes vir die ander tolpaaie in Gauteng maar die ANC gaan seker op die ou end ‘n ander befondsing voorstaan om sodoende “bruinpunte” by die kiesers te “score”!

Leon ·

Die pad moes 30 jaar gelede al in ‘n 3 baan in elke rigting pad verander word. Twee bane is te min vir die busse wat dink dit is Kyalami of Zwartkops en die taxis wat u-draaie gooi asof hulle “drifting” doen. daar is GEN verkeersbeamptes daar nie want hulle is bang vir die buseienaars en taxi eienaars of hulle is self taxi eienaars en wil nie hulle “buddies” se taxis beboet nie.

Nico K ·

Natuurlik moet daar ‘n tolhek kom. Wie moet vir daai pad betaal. My belasting geld wat nooit die pad gebruik nie. En vir die ander wat so negatief is, as die pad verdubbel gaan word sal die logies veiliger word. Die groot probleem is die voertuie op die pad is te veel vir ‘n enkelbaan.

wielie ·

Hoeveel jaar gaan dit nog vat voor iets aan die pad gedoen word??? Dis elke jaar se belofte en elke jaar gebeur daar niks ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.