Gauteng gereed vir leefstyloudits

David Makhura, premier van Gauteng (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

LUR’e en beamptes van die Gautengse provinsiale regering is gereed vir leefstyloudits, het premier David Makhura Maandag in sy provinsiale rede gesê.

“Ons wag vir die nasionale regering om die multidissiplinêre taakspan, wat die leefstyloudits sal hanteer, op die been te bring. Die presidensie gaan met ons begin – politici en amptenare, almal is gereed.”

Pres. Cyril Ramaphosa het in 2018 in sy staatsrede versoek dat leefstyloudits gedoen word op alle staatsamptenare. Die oudits vir ministers en staatsamptenare het ten doel om deursigtigheid aan te moedig, veral wat sakebelange betref, en om korrupsie in die staat hok te slaan. ʼn Taakspan is aangestel om ʼn raamwerk vir die leefstyloudits te ontwikkel. Dit is nog nie bekend hoe ver die span trek nie, aangesien die president nie tydens sy jongste staatsrede terugvoer gegee het hieroor nie.

Makhura het gesê sy regering sal streng maatreëls toepas om die kostes te besnoei en sal nie enige swak prestasie duld nie. “Ons het baie streng maatreëls die afgelope vyf jaar toegepas om kostes te besnoei. Ons het die amptelike woning in 2016 verkoop. Geen nuwe motors word vir die premier of LUR’e aangeskaf nie. Amptelike motors word slegs vervang wanneer dit die volle leeftydsiklus behaal het. Ons is baie streng oor uitgawes.”

Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, was die eerste provinsiale leier wat ʼn aankondiging gemaak het dat geen nuwe voertuie vir provinsiale amptenare aangeskaf sal word nie. Saul het opdrag gegee dat die begroting, vir nuwe motors, eerder aangewend moet word om ambulanse aan te skaf.

Makhura het bygevoeg hy sal binnekort prestasieooreenkomste met LUR’e onderteken, wat publiek beskikbaar gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre Marx

En een van Lesufi se prestasies (soos ge-ondersteun) deur die Premier, sal seker wees om Afrikaans nog verder te vertrap en uit te wis.

Jan

Toe die regses vir jare kank gewaarsku het oor war kom is hulle uitgelag en sleggese deur hulle mede afrikaners

aj

Na 25 jaar se vermorsing en stroping van Gauteng se belastinggeld en die ANC se sabotasie van die instansies en stelsels is dit nou TE LAAT!

Daar is NIKS GELD (of institusionele kapasiteit) óór wat bespaar kan word nie!

Moenie BANKROTSKAP (finansieël en moreel) probeer voorstel as BESPARING nie.

‘… but when she came there
the cupboard was bare
and so the poor dog had none!’

Dries du Toit

Leefstyl oudits. Ons sal sien hoever dit gaan kom. Klomp snert wat aan ons voor gehou word

Jakkals

As dit gedoen word, met tugstappe, gaan daar min politici en staatsamptenare oorbly. Dus is dit net nog ‘n plan waarvan weinig sal kom, behalwe miskien klein kripvretertjies wat sal moet betaal.
Wie bluf wie?