Gauteng-gesondheidsdepartement gekap oor ‘onderbesteding’

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

Die DA het teen die Gautengse departement van gesondheid uitgevaar oor onderbesteding ondanks die reusebehoefte aan nuwe toerusting, asook hospitaalgeboue wat uitmekaar begin val.

Volgens Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, kon die departement nie daarin slaag om R559 miljoen te bestee aan kapitaalbates in die afgelope finansiële jaar wat 31 Maart geëindig het nie.

Bloom het gesê die departement se vierdekwartaalverslag wat strek van Januarie tot Maart 2018 dui aan dat slegs R1,564 miljard (73%) uit ʼn moontlike begroting van R2,123 miljard op kapitaalbates uitgegee is.

Volgens die verslag is R443 miljoen te min aan toerusting en masjinerie bestee. R115 miljoen van die begroting is ook nie aan geboue en ander permanente strukture afgestaan nie.

Bloom het gesê die departement se “chroniese onvermoë om geld te bestee aan finansiële bates in dié finansiële jaar duur voort met ʼn bevriesing van alle nuwe bouprojekte”.

Volgens Bloom beteken dit wesenlik dat dringende projekte soos ekstra sale by die Edenvale- en Tembisa-hospitaal asook nuwe hospitale in Kempton Park, Daveyton en Soshanguve nóg langer vertraag sal word.

Volgens Bloom het oorbesteding in ander terreine veroorsaak dat daar ʼn onderbesteding van R179 miljoen was.

Die DA meen dít bevestig die swak finansiële bestuur in dié departement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marous ·

Waarom kan hulle dan nie vir Esidemi se gemors betaal nie ?

GM ·

Ja nè? Dit kom van onbevoegde mense aanstel net oor hul reg ‘lyk’ in plaas van op meriete. Rippeleffek. Daar gaan nog langtrane gehuil word.

Gerda ·

Hulle kon nog nie ‘n manier kry om die geld na een van hulle maatjies te betaal sonder om iets te doen nie.

Johann ·

Die sg. “gesondheids departement” onder die lYding van n ANC kader ontplooide, is verwoes! Op alle vlakke en in amper AL die provinsies… maar die ANC sal AANHOU om hullle NASIONALE GESONDHEIDS PLAN deur te druk!!!! Gaan my logika en verstand te bowe!

Landsburger ·

Die ANC kon nie voor 1994 die land regeer nie, ook nie daarna nie, en sal ook nooit KAN nie. SA is in Afrika, en in Afrika word dinge anders gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.