Gauteng gewaarsku oor kitsvloede

Die snelweë in Gauteng is vanoggend weens die reën Foto: @trafficSA, Twitter

Die snelweë in Gauteng is vanoggend weens die reën Foto: @trafficSA, Twitter

Die Ekurhuleni departement van ramp- en nooddiensbestuur het gesê swaar reën kan kitsvloede in Gauteng veroorsaak.

“Plaaslike vloede word in verskillende gebiede dwarsoor die provinsie verwag,” het William Ntladi, woordvoerder, gesê. “Hoë volume water word in riviere, kanale en strome verwag wat tot kitsvloede kan lei.”

Ntladi het gesê die rampbestuurpersoneel word op hoë gereedheid geplaas, veral aangesien die weerstoestande leerlinge kan beïnvloed wat Woensdag teruggaan skool toe.

“Talle kinders en skoliere kan dalk skool toe loop en staan die risiko om te verdrink wanneer hulle ʼn rivier of stroom moet oorsteek om by die skool te kom,” het hy bygevoeg. Hy maan inwoners om seker te maak hulle steek nie oorstroomde kanale of riviere in vloed oor nie.

Ouers word ook versoek om hul kinders aan te moedig om gebiede wat oorstroom het, te vermy.

Ntladi het gesê motoriste moet ook snelweë vermy wat oorstroom het. “Indien jou voertuig skielik oorstroom, moet jy dit verlaat en na hoër grond klim,” het hy gesê. “Moet nooit oor ʼn brug ry wat deur water oorstroom is nie. Jy weet nie hoe diep dit is en of die pad weggespoel het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

En die slim menere het besluit dis ‘n goeie idee om ons hoof roetes in kanale te verander met die sementblokke wat tussen die bane opgerig is. Jare gelede was daar net struike tussen die twee verkeer-rigtings gewees, en kon nooddienste en verkeersowerhede heel vinnig en maklik by ‘n noodsituasie uitkom. Met die “nuwe” paaie moet hulle begin om na die naaste afrit te soek, en van daar af te probeer om by ‘n noodgeval uit te kom tussen duisende voertuie deur wat die pad blokkeer. Wat het hulle gedink?

Tammy ·

Johann, die mense dink nie. Hulle skep net werk deur kontrakte links en regs uit te deel aan onbevoegde kontrakteurs.

Riekie ·

Ek stem Sam. Hier in ons voorstad is ons sypaadjies verwoes om sogenaamde fietsbane te bou. In maande wat hierdie fietsbane bestaan het ons bitter min fietsryers gewaar. N week gelede my motor uitgetrek net toe n kind op n fiets verbykom en ek hom byna getref het. Weereens n projek wat NIE deurdink is nie!!!!!

Peet Schabort ·

Daar word nie gewaarsku oor die slaggate wat nou onsigbaar is? Kon so dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.