Gauteng het u-draai gemaak oor e-tol

Argieffoto

Argieffoto

Die e-tolhersieningspaneel het Dinsdag in Pretoria gehoor die Gautengse regering het van plan verander nadat hy die e-tolstelsel goedgekeur het.

“Die Gautengse regering het my nie in kennis gestel wat tot die verandering gelei het nie,” het Dipuo Peters, minister van vervoer, gesê. Sy het gesê die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) is deur die regering, spesifiek die “ANC-regering” beplan en goedgekeur.

Die ANC in Gauteng was een van die groepe wat e-tol verwerp het tydens sy aanbieding aan die e-tolkomitee. Paul Mashatile, voorsitter van die ANC in die provinsie, het ʼn paar weke gelede aan die paneel gesê daar moet alternatiewe planne beraam word om die GFIP te finansier.

Peters het egter gesê Mashatile was teenwoordig toe die projek goedgekeur is.

David Makhura, premier van Gauteng, het in Julie die paneel saamgestel om die ekonomiese en maatskaplike impak van die GFIP en e-tol te ondersoek. Die paneel sal na verwagting teen die einde van die maand sy bevindings aan Makhura voorhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

MinisterPeters, het jy regtig nie verstaan wat die motoriste jou gewys het nie. Gaan dit nou ook 20 jaar neem.
STAAN SAAM, en verander hierdie land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.