Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hospitale in Gauteng het nie meer ʼn sleutel kankermiddel nie wat gebruik word om die doeltreffendheid van radiasiebehandeling teen servikale kanker te verhoog.
“Kankerdepartemente het sedert die begin van die jaar probleme ervaar om die middel Cisplatin in die hande te kry en die fout lê by die nasionale departement van gesondheid wat die tender vir dié middel uitgereik het aan ʼn plaaslike maatskappy wat dit nie kan verskaf nie,” het Jack Bloom, woordvoerder van die DA in Gauteng, gesê.
Hy het gesê alternatiewe reëlings is getref om Cisplatin teen 6 Februarie in te voer, maar talle servikalekanker-pasiënte sal hieronder ly, aangesien die radiasiebehandeling minder doeltreffend is sonder die middel en die kanker kan terugkeer.
“Ek is geskok dat die verskaffing van hierdie noodsaaklikemiddel ontwrig is, weens die nasionale departement van gesondheid se swak tenderpraktyk vir medikasie wat verlede jaar ook tot tekorte gelei het. Medisinale tenderprosedures moet verbeter word om seker te maak dat die maatskappye betroubaar alle noodsaaklike middels kan lewer.”
Die Gautengse departement van gesondheid het egter die publiek verseker dat daar nie ʼn tekort aan Cisplatin is nie. Die middel word ook gebruik in pediatriese onkologie en word voorgeskryf vir hematologie. “Daar is inderdaad ʼn uitdaging in die verskaffing van die middel, en die departement hanteer dit. Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, wil graag die publiek verseker dat die voorraad op ʼn bevredigende vlak is en dit is nie nodig om paniekerig te raak nie,” het Steve Mabona, woordvoerder vir die departement, gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Wie skryf die artikel met sulke swak Afrikaans deur bv. Radiasiemiddel te gebruik? Al van Bestralingsmiddel gehoor?
Geen bekommernis. Wag vir die regering se woordvoerder se ‘wonder antwoord’ nl. ‘NO CRISIS’.
En ons moet die regering glo. RÊRIG?
Onbevoegdheid
Ja want numba 1 en sy cronies steel al die geld!!