Gauteng-hospitale het nie meer sleutel kanker-middel nie

Cisplatin (Foto: http://cancer.iu.edu/)

Cisplatin (Foto: http://cancer.iu.edu/)

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hospitale in Gauteng het nie meer ʼn sleutel kankermiddel nie wat gebruik word om die doeltreffendheid van radiasiebehandeling teen servikale kanker te verhoog.

“Kankerdepartemente het sedert die begin van die jaar probleme ervaar om die middel Cisplatin in die hande te kry en die fout lê by die nasionale departement van gesondheid wat die tender vir dié middel uitgereik het aan ʼn plaaslike maatskappy wat dit nie kan verskaf nie,” het Jack Bloom, woordvoerder van die DA in Gauteng, gesê.

Hy het gesê alternatiewe reëlings is getref om Cisplatin teen 6 Februarie in te voer, maar talle servikalekanker-pasiënte sal hieronder ly, aangesien die radiasiebehandeling minder doeltreffend is sonder die middel en die kanker kan terugkeer.

“Ek is geskok dat die verskaffing van hierdie noodsaaklikemiddel ontwrig is, weens die nasionale departement van gesondheid se swak tenderpraktyk vir medikasie wat verlede jaar ook tot tekorte gelei het. Medisinale tenderprosedures moet verbeter word om seker te maak dat die maatskappye betroubaar alle noodsaaklike middels kan lewer.”

Die Gautengse departement van gesondheid het egter die publiek verseker dat daar nie ʼn tekort aan Cisplatin is nie. Die middel word ook gebruik in pediatriese onkologie en word voorgeskryf vir hematologie. “Daar is inderdaad ʼn uitdaging in die verskaffing van die middel, en die departement hanteer dit. Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, wil graag die publiek verseker dat die voorraad op ʼn bevredigende vlak is en dit is nie nodig om paniekerig te raak nie,” het Steve Mabona, woordvoerder vir die departement, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jaco ·

Wie skryf die artikel met sulke swak Afrikaans deur bv. Radiasiemiddel te gebruik? Al van Bestralingsmiddel gehoor?

Pieta ·

Geen bekommernis. Wag vir die regering se woordvoerder se ‘wonder antwoord’ nl. ‘NO CRISIS’.

Vytjie Molefe ·

Is daar enigeiets wat nog werk in SA? Enigeiets…nou is hierdie land darem waaragtig so deur sy gat getrek soos kan kom…6 maande gelede was daar nie Isotope nie. Daar is nie boeke nie, die water is vrot, ek weet net eenvoudig nié van EEN departement, kwasi-staatsinstelling, diens wat werk nie. Dan word hier vertoon planne uiteengesit oor hoe SA vir ALMAL is…wie de hel is die almal? Hier word net foto’s geneem van ‘n klomp narsiste met beloftes met “blink stefaans” poets planne, sodra iets daarvan moet uitgevoer word dop die man net in ‘n beter pos met meer geld in ‘n ander departement uit. Hlaudi raas en skree steeds…hoekom is uitvoerbaarheid so moeilik?

Johanna Botha ·

Oooohhh die krake raak al dieper ! ….ONKUNDE ! ! Die hele sisteem hang aan n baie dun draadtjie ….hier kom nog n GROOT ramp ….” Big mistake ”

Erika ·

Wat gaan aan !!!!!! Het iemand al gehoor van vooruit beplanning. In al die verskeie departemente is daar n gebrek aan beplanning. Alles val uitmekaar.

Annie ·

Iemand maak weer sy sakke vol met die tender .. en die mense ly daaronder …

Jennie ·

Toemaar ander hospitale het nie pleisters, lakens of drips nie .. Raak net al hoe erger, geld word vermors op ander goed en die belangrike middels bly agterwee. Dis useless mense aan die stuur, mense wat die middels moet bestel en bestuur doen dit SWAK, maar niemand luister nie .. kritiek word as rassisme afgemaak .. PATETIES is die enigste woord waarmee ek die hospitale kan beskryf .. mense gaan dood, mense se toestande vererger, almal trek skouers op .. en plaas die blaam op iemand anders.

brenda ·

Jaco; radiasie is korrek! Die staatshospitale het nie eers Voltaren nie; wat nog te sprake van Cisplatin; alles val uitmekaar; dit breek my hart om die vernietiging van alle departemente te aanskou; onbevoegte mense in beheer; orals.

Maria Van Dieweeck ·

Wel n party wat die hoenderbedryf in SA kon breek, kan enige iets breek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.