Gauteng-hospitale swaar getref deur beurtkrag, sê DA

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Bedrywighede moes die afgelope week by sommige klinieke en hospitale in Gauteng opgeskort word toe kragopwekkers nie tydens beurtkrag voldoende elektrisiteit kon verskaf nie, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.

“ʼn Onklaar kragopwekker in die ongevalle-afdeling by die Helen Joseph-hospitaal het tot ernstige probleme gelei omdat X-strale nie geneem kon word nie en bloed nie geprosesseer kon word nie,” het Jack Bloom, DA-LP in Gauteng, gesê.

Ander hospitale het donker gange gehad en chirurgiese prosedures is beperk omdat daar ʼn risiko was dat kragopwekkers onklaar sou raak, het hy verduidelik.

Chirurge by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg was huiwerig om langer operasies uit te voer, omdat die batterye op narkosemasjiene slegs ongeveer 90 minute lank hou.

Pasiëntadministrasie is ook geraak weens rekenaars wat nie beskikbaar was nie en handgeskrewe stelsels moes gebruik word.

“Ek is besorg dat sommige hospitale en klinieke nie genoeg diesel het vir langtermyngebruik van kragopwekkers nie,” het Bloom bygevoeg.

Verpleegsters het van hul eie geld gebruik om diesel vir die kragopwekkers by Badirile-kliniek in Randfontein te koop.

“Diesel is baie duur en die departement van gesondheid het nie daarvoor begroot nie. Waglyste sal verleng en daar is ʼn hoë risiko vir pasiënte as Eskom nie betroubaar elektrisiteit kan verskaf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dries du Toit ·

Hierdie is nog net die “tip of the iceberg” As ons die dringend van die ANC ontslae raak nie gaan ons daai berg binnekort in sy volle glorie sien en ervaar.

John ·

Who cares? Een se dood is mos ‘n ander se brood. Wag maar net en kyk hoe dit in 2020 gaan. Beter fasiliteite word nou ge-eye om uit te suig. CR sè mos ryk moet arm help en gesondes siekes borg. Parasitisme is die term daarvoor. Maar CR hoop om gou die AU te gaan bestuur en hopelik die VVO… but back at the ranch lè volk en velde in armoede en skade. But not to worry die Brulpadda gaan eendag kwaak…

SjN ·

Die wat uit hul eie sakke betaal het gaan weer vir die anc stem.

BD ·

Menselewens is op die spel agv die Eskom krisis maar hulle gaan voort met regstellende aksie

Gert J ·

Dokters indie klinieke behoort hulle te skaam. Hulle maak miljoene uit die mense wat hulle nie kan gesondheid sorg gee nie. Wat het ook geword van hulle eed???

MF ·

Ek verstaan nie hoekom jy die dokters blameer nie? Dis nie hulle wat beurtkrag toepas nie! Hulle werk baie lang, stresvolle ure en verdien om n salaris te kry, net soos enige iemand anders.

Thea ·

@ Gert…..hoe lees die artikel??? Waar pas jy die eed wat dokters en verpleegsters toe? Ek dink vir die personeel watbuit hul eie sak diesel gekoop het behoort daar beter erkenning gegee te word as om hul nou te wil skeg sê!
Kry jou feite agtermekaar daars wel een of twee wat nie id beroep hoort maar eie artikel gaan nie daaroor nie.
Well done aan die personeel wat met julle oor julle pasiente ontverm en self n plan gemaak het!

marous ·

Tradisionele geneesheers in ‘n grot …dis waarnatoe die land op pad is

jAN ·

ons kan maar kommentaar lewer tot ons pers is in die gesig. die massas daar buite weet nie van die probleme nie . hulle sien dit ook nie en sal maar net weer vir anc stem.

jennefer ·

Jy is reg Jan, daar is miljoene wat nie kan lees en net na “soaps” op tv kyk. Hoe bereik mens hulle? Die SAUK / SABC is n ANC mondstuk, die ware feite word nie uitgesaai nie.

Linda ·

Ek wi my amper verstout om te sê, al weet hulle gaan hulle in elkgeval weer vir die ANC stem.

Hanna Hoekom ·

Dit sal net n goedkoop t-hemp en n ou kospakkie vat om die massas weer ANC te laat stem! Ons weet dit. Die regering weet dit.

GM ·

Gert J, wat het die dokters met Eskom se onbevoegdheid te doen?

Antoon ·

Ek kry die personeel en pasiënte jammer. Hulle ly oor ander se onbevoegdheid. Ek praat die naweek met ‘n jong dokterjie wat nou haar gemeenskapsjaar doen. So staan sy in die teater reg om te sny. Net toe sy die skelpel op die pasiënt se buik plaas om te sny flikker die ligte en hoor sy die kragopwekker in skop. Op daardie oomblik hardloop ‘n koue rilling teen haar rug af – wat as sy begin sny het en die kragopwekker het nie gewerk nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.