Gauteng LUR gaan optree ná swak matriekuitslae

Argieffoto

Argieffoto

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan stappe doen teen beamptes in sy departement na die provinsie se matrieksyfer met 3% gedaal het, het die Saturday Star berig.

“Waarom moet ons julle aanhou as julle nie presteer nie,” het hy glo gesê. “Ek presteer. Waarom kan ander mense nie presteer nie? Ek het ʼn prestasiekontrak met die premier gesluit; ek wil my pos behou so ek doen dit wat my prestasiekontrak van my verwag.”

Volgens die berig gaan tugstappe gedoen word teen Boy Ngobeni, die hoof van die departement. Adjunk-direkteurs-generaal, distrikshoofde, direkteurshoofde en hoofde en onderwysers van skole met ʼn swak slaagsyfer gaan ook moontlik stappe in die gesig staar.

Die provinsie se matriekslaagsyfer het van 87% in 2013 tot 84% in 2014 gedaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eddie Britz ·

Die. Prestasiekontrakte van LUR’e bepaal dat hulle van die BEGIN van die jaar gereeld en deurlopend op n maandelikse basis monitor en kontroleer dat hul departemente hul inkrementele doelwitte en prestasie standaarde behaal en handhaaf. Hulle is veronderstel en verantwoordelik om enige probleme, versuime of mislukkings gedurende enige stadium en fase gedurende die verloop van die jaar op te tel en onmiddelik reg te stel en NIE te wag tot NA die einde van die jaar wanneer dit te laat is om probleme reg te stel nie! Hierdie LUR het jammerlik deur die jaar geslaap en versuim om sy vinger op sy deprtement se pols te hou en onmiddellike regstellings te maak op die tyd toe dinge BEGIN skeef loop het in plaas daarvan om te sloer en te slaap tot die jaar verby is en die probleme nie meer reggestel kan word nie. Hy probeer nou met n groot vertoon van kwaai woorde en dreigemente die aandag van sy eie versuime, onvermoee en onbevoegdheid om sy departement voorkomend reg deur die jaar te beheer en te bestuur te verdoesel. Dank hom af en sit n bevoegde effektiewe persoon in sy plek.

Shannon ·

Versta ek reg – die Eluêr gat nou optree .. soos in teater vertoning ?? Mmmt anner woorde die se tantrum sal veroorsaak dat ons hin 3 per%ent IieKkhaa toename warneem .. streng volgens die bepalings van Leonid Trotsky ?
Nee dit maak sin .. want sien, die ganse Zoeloe Landse noord kus het koeka al `n wetenskpalike neiging ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.