Gauteng-LUR wil taxiroetes sluit

Argieffoto

Argieffoto

Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, wil van die provinsie se taxiroetes sluit weens taxigeweld, het die Saturday Star berig.

Vadi het die kennisgewing van voorneme in die Staatskoerant gepubliseer om die roetes, waar die Vaal Wits Taxivereniging (VWTA) bedryf word, insluitend Palm Springs, Vereeniging, Orange Farm en Evaton, te sluit. Die koerant berig die roetes word opgeskort weens die toenemende geweld tussen mededingende taxifaksies.

Die roetes word op 22 Desember opgeskort.

Petrus Tsotetsi, sekretaris van die VWTA, het sy misnoeë oor die kennisgewing uitgespreek. “Dis nuus vir ons dat die regering ons besigheid wil sluit,” het hy gesê. “Hulle [die regering] het ons al herhaaldelik in die steek gelaat, maar nou dink die LUR hy kan bloot ons taxistaanplekke sluit. Dis nie reg nie. Ons gaan die kwessie nie net gelate aanvaar nie.”

Tsotetsi het gesê meer as 167 taxibase sal deur die sluiting van die roetes geraak word en hulle gebrek laat ly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lillian ·

Doen dit! So GATVOL vir die taxis wat ry soos hul wil en ons moet net koes! STOP hulle som in die geheel vir ALTYD!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.