ʼn 12-jarige meisie is dood en haar ma en twee ander gesinslede, ook kinders, is beseer nadat hul voertuig Donderdag in Gauteng gerol het.
Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die N14-snelweg buite Centurion plaasgevind. “Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het,” het Meiring gesê. Twee van die kinders is uit die voertuig geslinger.
“Al vier gesinslede is buite kar se wrak aangetref, het Meiring gesê. Een van die kinders wat uit die voertuig geslinger was, is op die toneel dood verklaar. Die ander drie het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.
Baie hartseer- wonder of hulle veiligheidsgordels gedra het?