Gauteng-ma verloor kind in ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn 12-jarige meisie is dood en haar ma en twee ander gesinslede, ook kinders, is beseer nadat hul voertuig Donderdag in Gauteng gerol het.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die N14-snelweg buite Centurion plaasgevind. “Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het,” het Meiring gesê. Twee van die kinders is uit die voertuig geslinger.

“Al vier gesinslede is buite kar se wrak aangetref, het Meiring gesê. Een van die kinders wat uit die voertuig geslinger was, is op die toneel dood verklaar. Die ander drie het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.