Gauteng maak gereed vir wateronderbrekings by skole

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng stel gebeurlikheidsplanne in plek om die kwessie van wateronderbrekings in skole in dié provinsie aan te spreek.

Edward Mosuwe, hoof van die departement, het ʼn versoek aan die verskillende distriksdirekteure uitgereik om die departement van ʼn lys van skole te voorsien wat deur die wateronderbrekings geraak word. “Skole word gevolglik gemaan om wateronderbrekings by die onderskeie direkteure aan te meld sodat die nodige ondersteuning gebied kan word,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die departement was ook in gesprek met die rampbestuursentrum in die stad Johannesburg sodat water en watertenks vinnig aan die betrokke skole verskaf kan word. Dieselfde reëling kan getref word met skole dwarsoor die provinsie waar wateronderbrekings plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lorraine ·

Hulle het klaar by n laerskool in Sophiatown 3 dae ak nie water nie

Blondie ·

Wanneer kom maak die munisipaliteit die water lek agter sinoville setrum reg wat nou al weer weke lank lek. ..Ek vra maar net ons sit nou met waterbeperkings, maar hier loop die water die straat af sonder dat dit enige iemand pla

alida ·

Het die Departement al geruik hoe ruik laerskool toilette met water?. Wil nie weet as daar nie water is nie. Instandhouding het weereens ontbreek !!!

Milan Bye ·

Dankie Mich, die tikfout is reggemaak.

Groetnis
Milan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.