Gauteng-man in motor geskiet, verwurg

Argieffoto

ʼn Man in sy vyftigs is Vrydagaand dood in ʼn motor in Bedfordview aangetref.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hy is op die hoek van Buuren- en Van der Lindeweg aangetref.

“Ons paramedici het hom omstreeks 23:00 in die bestuurdersitplek van die kar aangetref. Die venster was afgedraai en albei agterste vensters van die motor was gebreek,” het Siddall gesê.

Die man het ʼn skietwond aan sy bors gehad. “Dit blyk ook dat hy verwurg is. Daar was niks wat vir hom gedoen kon word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pastoor ·

Die land is siek. Hulle het die Groot Geneesheer dringene nodig

Houtoog ·

‘Buuren’ is eintlik ‘Van Buuren’. Daar moet dus staan ‘ . . . op die hoek van Van Buuren- en . . . ‘

John ·

Moet ‘n aanklokreel nie dalk ingestel word om die chaos in ons land te keer nie? ‘n Noodtoestand lyk onafwendbaar met misdaad wat gedy. Nag begin nou vrees inboesem…

paula ·

Ek hoop hierdie aanklokreel geld dan vir ALMAL. Want misdaad en moord ken nie kleur nie.

pie in the sky ·

Feite dat landburgers oral aangeval en afgemaai word, is net bewys dat SA in ‘n anargie ontaard het wat nie deur veiligheidsdienste beveilig kan word nie.
This was another sitting duck …

Deon ·

Suid Afrika, watse Suid Afrika….. dit is “Gangsters Africa” ANC in beheer, watse beheer. Dit het in n land ontaard waar kriminele aktiwiteite aan die orde van die dag is, die gevolg hiervan dat dit gepropageer is as die land van “Melk en Heuning – All For The Taking” oop vir almal vandat die ANC aan bewind is om van buite hierna te stroom en te kom vat, moor, kaap ens ens. n Oop lisensie vir alle kriminele.

Kan daar n dag wees wat daar geen opskrif van moord en doodslag wees nie. Ons leef nie in n siek land nie, ons leef in n land met siek “………..” daarin. Kan hul nie mens noem nie, “barbare” wel. Geen regdenkende mens moor net na willekeur nie.

Joe ·

Voorheen was terroriste en rampokkers geskiet Nou regeer hulle die land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.