Gauteng-man verkrag glo vrou ná hy haar raakry

Argieffoto

ʼn 31-jarige man van Kempton Park in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou van dié dorp verkrag het oomblikke nadat hy haar raakgery het en onderneem het om haar hospitaal toe te neem.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), sê die man is Woensdag in hegtenis geneem ná die beweerde voorval verlede naweek.

Volgens Kgasago het die 31-jarige man die voetganger Saterdag in CR Swartweg met sy Volkswagen Golf raakgery.

“Die verdagte het na bewering onderneem om slagoffer, wat matige beserings opgedoen het, na die hospitaal te neem,” sê hy. “Die verdagte het volgens haar egter na ʼn oop veld naby die Dries Niemandt-stadion gery waar hy haar verkrag het.”

Die slagoffer beweer die verdagte het haar hierna weer in die motor ingeboender en met haar na sy woonstel in Klipfontein View in Midrand gery waar hy haar glo weer verkrag het.

Kgasago sê die Ekurhuleni-metropolisie het die polisie vroeër die week na die verdagte se woonstel vergesel, maar hy was nie tuis nie. Sy motor was glo ook nie in die kompleks geparkeer nie.

Die Ekurhuleni-metropolisie het die kompleks Woensdag weer besoek waarna die man deur die slagoffer uitgeken is en in hegtenis geneem is.

Die 31-jarige verdagte is tans in polisieaanhouding in Kempton Park. Hy sou vandag [12 April] in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van onder meer verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Snuf in die neus ·

Ek het ‘n vermoede dis sy modus operandi: ry hulle aspris “effens” raak om ‘n verskoning te kry om hulle in sy motor te kan laai en…

Tanzie ·

Hoe uiters ontstellend en traumaties moes dit nie vir hierdie vrou gewees het nie! Wat op aarde is besig om met ons mensdom te gebeur!!!

Peet ·

Ek persoonlik dink dit is tyd dat die Doodstraf ingestel word die tronstraf in die howe is nie voldoende nie daar is te veel moord,verkragtung en kinder mishandeling in ons land.

Pasop ·

Die doodstraf gaan toegepas word op wittes en die anderskleuriges gaan vry rondloop. Die kisouens en KFC ouens sou die doodstraf gekry het sowel as die omie wat die dief geskiet het wat by sy huis ingebreek het en die moordenaars en verkragters van plaasboere en ook waarvan jy hier lees, sal NIKS oorkom nie … Met ‘n regstelsel soos ons s’n wil jy nie REGTIG die doodstraf terug he nie wil jy?

Cherokee ·

Wag daarmee dat Vicky Momberg eers haar straf uitdien. Hulle het haar R100 000 gevonnis en nog boonop 3 jaar (oftewel 2+1). Moet nie nou met sulke stories vorendag kom noudat Vicky appelleer nie.

Selfbeskikking ·

Die enigste manier om weer wet en orde te ervaar is in ons eie land so ons moet begin onderhandel met die regering en buiteland vir selfbeskikking. Dinge gaan net erger raak in die land, ons moet uit hierdie sinkende skip spring voor dit te laat is.

Haan ·

Absoluut. Maar die uitdaging lê daarin om mens se kajuit te laat gaan vir n lewensbootjie.

Nel ·

Dink jy regtig die regering sal vir so ‘n voorstel val? Ek dink nie so nie. Hulle het ons presies waar hulle ons wil hê – reg onder hulle duim.

Oom Kalahari ·

Hy moet aangekla word vir verlaat van ongeluks toneel, ontvoering en verkragting. Hy het seker toneel verlaat wat hy bang was hul gaan toetsr doen vir onder invloed van drank en verdowings middels. Ons woon in Satans land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.