Gauteng ‘mors geld’ op e-tol

Argieffoto

Argieffoto

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het die Gautengse regering se besluit, om R123 miljoen in sy 2015 begroting aan Sanral te allokeer vir sy Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP), as ʼn “mors van geld” veroordeel.

Die organisasie het gesê hy is besorg dat hierdie besluit ernstige gevolge vir Gautengse belastingbetalers sal inhou.

“Net so waardevol as wat die R123 miljoen aangewend kon word vir ander dringende prioriteite in die provinsie, is dit ʼn druppel in die emmer vir die finansiële swart gat wat Sanral se e-tolstelsel geword het,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê.

“Die maandelikse betalings wat die e-tolskema benodig om sy vereiste doelwit te bereik is meer as R260 miljoen. Gauteng se bydrae is nie eers die helfte van een maand se betaling nie,” het hy verduidelik. “Dit beteken in effek dat niks van hierdie geld gebruik sal word om die verband af te los nie. Wie weet waarvoor sal dit aangewend word? Die belastingbetalers in Gauteng se geld sal bloot net weer gemors word op Sanral se e-tolspandabelrigheid.”

Volgens Duvenage het die finansiering van Sanral se e-tolstelsel Gauteng-belastingbetalers beroof van beleggings in meer lewensvatbare projekte in die provinsie, en dit kan selfs lynreg in teenstelling wees met die Sanral-wet wat duidelik bepaal dat daar nie kruisfinansiering mag plaasvind tussen getolde en ongetolde finansiering en bedrywighede nie.

“Om Gautengers se belastinggeld te gebruik en die nasionale e-tolprojek daarmee te finansier, kan ʼn growwe oortreding van die Sanral-wet wees, en dit is nóg ʼn ernstige terugslag vir die inwoners van die provinsie,” het hy bygevoeg.

Duvenage het gesê Outa ondersteun die Gautengse regering se bereidwilligheid om in die provinsie se padinfrastruktuur te belê, maar stel voor dat die volle bedrag eerder aangewend word om instandhouding te doen op paaie wat verwaarloos is.

“Outa hou vol dat hoofwegverbeteringsprojekte soos GFIP gefinansier moet word deur petrolheffings wat die tesourie allokeer. Wanneer die R123 miljoen van belastingbetalers se geld wat die Gautengse regering aan Sanral oorbetaal het vergelyk word met die massiewe kostes van die e-tolstelsel, is dit niks anders nie as om dekstoele rond te skuif op ʼn sinkende Titanic. Dit is ʼn aanduiding van die enorme las wat Sanral op Gautengse motoriste plaas, en die oorgrote meerderheid (nou nagenoeg 80%) weier steeds om te betaal,” het hy afgesluit.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

Ek wonder of FW en sy eertydse “onderhandelaars” ooit daaraan gedink het hoeveel geld verkwis gaan word om die sogenaamde “wigte en teenwigte” in plek te hou. Dit is ‘n nagmerrie om saam met mense te leef en werk wat geen benul het hoe om geld effektief te gebruik. Ek het nogal begrip daarvoor dat ekonome sê die rooi ligte flikker. Al wat wat nodig is, is dat dit permanent aangaan en ons weer voor kan begin.

Johann Marx ·

Miljarde Rande is goedsmoeds gespandeer om ‘n “e-tol” stelsel te vestig wat NET ‘n sekere plaaslike groep mense en ‘n Internasionale maatskappy bevoordeel. Nou word die hele N14 (van die Hendrik Potgieter kruising af..tot anderkant die Lanseria afrit) opgekap en oorgedoen…..terwyl daai stuk pad oënskynlik NIKS makeer het nie. Ek het gister daar stilgehou…daar is geen gate, krake, slaggate, vervorming of verwering van die pad-oppervlakte (wat nog nie opgekap is) te sien nie? Hoekom word daardie stuk pad dan opgekap en oorgedoen? Is dit nou weer ‘n tenderpreneur gemors? Of is dit ‘n manier om mense wat daardie stuk pad gebruik so te verontrief….dat hulle tolpad toe trek? Ongelukkig het die ANC dit in 20 jaar reggekry om ALLES wat hulle aanpak of voorstel met agterdog bejeën te kry.

Eddie ·

Ek is verby g@tvol vir die klomp in ons land(regering) wat dink alles wat hulle aan dink net toegepas moet word. Kan hulle nie net vir n slag ophou dink aan hoe om volgende hulle bank belans te lig en ophou om alles wat hulle aanraak ten gronde te dwing. Ons belasting geld wat gebruik word om al hierdie vertraagte goed te sponsor. Vir mense wat nie oor die brainkrag besit om te sien dat iets nie gaan werk en nog miljoene rande aan dit te bestee. Zuma jy en jou travante beter begin wakker skrik ons is moeg vir julle incompetence wat hierdie land onderdruk. Ons moet op n stadium kom waar ons net moet ophou belasting betaal en dan sien wat gaan hierdie klomp narre dan doen.

Anti e tol ·

Die R123m is maar n druppel in die emmer van miljarde wat gesteel word.

Eddie ·

Nee julle verstaan nie dit is so getal dat Zuma nie hoef te sukkel om dit te lees nie.
Nou is dit egter maklik want hy kan net tot 3 tel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.