Gauteng-motoris op M2 beroof; sewe vas

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Sewe mense is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle in Mei ʼn motoris op die M2-hoofweg in Gauteng beroof het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes is in Midrand, Alexandra en Ga-Rankuwa vasgetrek. “Hulle het na bewering in Mei ʼn motoris wat saam met sy suster en vrou in die motor was op die hoofweg beroof,” het Mulaudzi gesê.

“Die verdagtes het in ʼn wit sedan gery en voor die man se motor ingeswaai. Een verdagte het ʼn vuurwapen op die insittendes gerig en hulle beveel om uit die motor uit te klim. Hulle is aangesê om op die grond te lê terwyl sy makkers die slagoffers van drie iPhone-selfone en R3 000 kontant beroof het.”

Volgens Mulaudzi het die Valke op ʼn Porsche-horlosie en ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê. “Die verdagtes sal binnekort op ʼn aanklag van roof in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Wat van die rig van ‘n vuurwapen en gewapende roof by die klagstaat te voeg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.