Gauteng-motoriste gewaarsku oor vloede

Argieffoto (Foto: freeimages.com)

Argieffoto (Foto: freeimages.com)

Ismail Vadi, LUR vir vervoer in Gauteng, het motoriste Maandag gemaan om baie versigtig te bestuur, aangesien voortdurende reën sedert die naweek meeste provinsiale paaie oorstroom het.

Padinstandhoudingspanne skenk aandag aan die oorstroomde paaie, het hy gesê.

“Alhoewel geen strukturele skade aangemeld is as gevolg van die swaar reën nie, word verskeie paaie geaffekteer deur puin ná die storms. Die departement se spanne is tans besig om Witkoppenweg-brug skoon te maak, insluitend stormwaterdreineringspype oor die provinsie heen. ʼn Span is ook op bystand geplaas indien enige noodgevalle plaasvind,” het Vadi bygevoeg. “Ek doen ʼn beroep op motoriste om ekstra versigtig te wees op die paaie, aangesien swaar reën na verwagting in die provinsie sal voortduur.”

Die provinsie het die afgelope naweek swaar reën beleef, insluitend kitsvloede, terwyl ander provinsies soos Mpumalanga en Limpopo ook swaar reën oor die naweek gehad het.

Intussen het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê vier mans het ʼn noue ontkoming gehad toe hulle van ʼn oorstroomde brug in Bryanston-rylaan in Johannesburg gered is. “Paramedici moes van toue gebruik maak om die vier mans te red,” het hy gesê. Niemand is beseer tydens die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snuffels ·

Mr Vadi

We urgently need the Malibongwe/Lanseria road to be fixed. There are big potholes all over the road, and causes damage to our vehicles. There are NO other road that we can use.
Anybody out there that can assist me with a contact person and telephone number please, will be much appreciated. We are desperate now.

Rommel ·

Dit is rommel en los boomtakke wat net wag om deur water vervoer te word en sodoende afvoerpype verstop. Ruim net gereeld op en skep ‘n kultuur om rommelstrooi te verhoed. Ook die jaarlikse skoonmaak van stormwaterpype voor die reënseisoen help ook nogals.
Tog egter is dit ‘n goeie tyd om met jou Kuga in die nat weer rond te ry . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.