Gauteng-motoriste kan padblokkades verwag

Argieffoto Foto: fightagainstcrime.co.za

Argieffoto Foto: fightagainstcrime.co.za

Vakansiegangers wat na Gauteng terugkeer kan hoë verkeerspolisieteenwoordigheid, padblokkades en motornasienpunte op al Gauteng se hoofpaaie verwag, het die departement vir gemeenskapsveiligheid gesê.

Die departement het in ʼn verklaring gesê hoë verkeersvolumes word van Sondag op alle hoofpaaie en snelweë verwag wanneer vakansiegangers terugkeer voor maatskappye en fabrieke weer oopmaak.

Padgebruikers word aangeraai om deur die dag te reis en hul motorligte aan te skakel om sigbaarheid te verbeter; om elke twee uur of 200 km te rus; alle veiligheidsgordels in die motor te gebruik; en om op die uitkyk te wees vir voetgangers.

“Noodlottige ongelukkig gebeur gewoonlik wanneer iemand onveilig ʼn ander voertuig probeer verbysteek.”

Die departement waarsku voetgangers ook om nie oor snelweë te stap nie, en om nie besige paaie oor te steek nadat hulle alkohol gebruik het nie.

“Ondanks talle pogings deur verkeersowerhede, oortree motoriste steeds die padreëls,” het die departement gesê. “Probleme wat geïdentifiseer is, sluit persone in wat onder die invloed van alkohol loop, of dronk bestuur, die spoedgrens verbreek, veiligheidsgordels wat nie gebruik word nie en voetgangers wat nog steeds van snelweë gebruik maak.”

Die departement moedig padgebruikers aan om saam met hulle te werk om hul doelwit te bereik om jaarliks noodlottige ongelukke met 10% te verminder en seker te maak dat Gauteng ʼn veilige provinsie sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Acca ·

Ja as al die wette maar vir almal geld en toegepas word. By Villiers staan hulle langs die snelweg en wag vir vervoer en hardloop oor die pad terwyl die verkeerd afdeling nie eens 100 meter vandaar in hulle karre die verkeer aftrek en niks aan die voetgangers doen nie.

Peet Schabort ·

Wat ‘n uitstekende poging gedurende hierdie vakansietyd en . . . . ja, en wat gebeur intussen tot die volgende verkeersdruk op ons paaie?
NET MOOI NIKS !! WAAR IS HIERDIE VERKEERSMENSE DAN ?
Ek begin glo dat hulle tydelik aangestel word of indien nie, wat word dan van hulle ?

Op die ou end egter moet die gesindheid van sommige motoriste verander word.
Die volgende is algemeen:
STOP+SPIETKOP=Hou stil.
Rooilig+spietkop/kamera=hou stil.
Bogenoemde SONDER SPIETKOP=Foeter oor.

Peet Schabort ·

Interessant is ook die bygaande argieffoto waar motoriste in ‘n ry moet wag van km’s lank om dan uiteindelik voor uit te vind dat jy mag/nie mag ry.
Waarom dit nie standaardpraktyk kan gemaak word om die visgraatmetode te gebruik gaan my verstand te bowe. Dit is waar daar ook ‘n onnodige hekel ontstaan tussen padgebruiker en wetstoepasser wat werklik onnodig is.

Pieterdp ·

Dit wat die pad verkeers owerhede doen bied geensins tot n veilige pad verbruik vir motoriste nie.

Die pad regelasies word geensins toe gepas deur sekere mense nie. daar word op sper strepe verby gegaan, Stop tekens word veronagsaam selfs deur die Metro Poliesie. Stop op snelwe, Dan is daar nog die onverskildigheid deur motoriste.

Waar is die owerhede dan daai tyd? Onder n boom of brug. Ja dan selfs by die pad versperring om n motors na te gaan en dan moontlik n omkoop geldjie te ontvang van n motor wat nie reg is nie.

My oopienie is , dat die hele stelsel frot van bo tot onder. Soos iemand wat die stelling gemaak het een dag. Dat die beroep van n verkeers beamte die bes betaalinde beroep in SA is en die belasting vry.

DPJ ·

Waar is die bewegende verkeersbeamtes wat ‘n sekere afstand met hulle motors moet patroleer en bewegende nie-nakoming van patreëls moet beboet? Ongelukke sal dadelik gehalweer word.

DPJ ·

Met kameras wat voor in motors aangebring is kan boette mos na die tyd ook aan oortreders uitgereik word en kan toesighoudende beamptes ook waarneem of beampts hulle werk na behore verrig het.

DPJ ·

Met kameras voor in motor kan beheerbeampte ook bepaal of beampte hul werk na behore verrig en self na die tyd motoris tot verantwoording roep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.