Gauteng-motoriste skuld miljarde in verkeersboetes

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Motoriste van Gauteng skuld meer as R3 miljard in verkeersboetes, het The New Age Donderdag berig.

Dit is deel van 7 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar uitgereik is.

Johannesburg en Pretoria se verkeersdepartemente is glo van hul magte gestroop om boetes in te samel.

“Ons samel nie meer boetes in nie, dit word deur die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe gedoen,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, aan die dagblad gesê. “Ons maak nie op ʼn sent van verkeersboetes staat nie. Ons kry elke jaar ons eie begroting,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nick ·

“Ons maak nie op ʼn sent van verkeersboetes staat nie. Ons kry elke jaar ons eie begroting,” – wat heel heel waarskynlik direk verband hou met die aantal boetes wat van hulle verwag word om uit te deel.

Babs ·

Dis OK. Dit is baie minder as wat Transnet (Staat) die pensioenarisse skuld wat nou moet baklei om hulle geld te kry.

Conrad ·

Ek is nou net verby 7 metropolisie lede wat op een hoek staan en lag en chat, verby. Ek dink ‘never mind Onnies’ wat te veel betaal word. Ek dink metropolisie lede kry te veel vir wat hulle moet doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.