Gauteng-Noord skaakproewe skop af

Die Gauteng-Noord skaakproewe het verlede naweek in Pretoria plaasgevind. Foto: Reint Dykema.

Die jaarlikse Etienne Lewis-skaaktoernooi, wat as die Gauteng-Noord skaakproewe dien, het verlede naweek plaasgevind.

Dit is reeds die 34ste keer dat die toernooi in Pretoria aangebied is. Dit is deur Ettiene Lewis self geopen met sy vrou Karlien wat die eerste skuif waargeneem het. Die Ettiene Lewis dien jaarliks ook as skaakproewe waarmee die spanne gekies word om aan die SA-jeugkampioenskap deel te neem. Vanjaar vind dié kampioenskap in Kaapstad plaas.

Vanjaar se wenners is soos volg: o.8: Alwyn Marais, o.10: Tineke Booysen, o.12: Dirkho Dykema, o.14: Chris Kolver, o.16: Bill Guo, o.18: Marcel Roberts en o.20: Mireille Havenga

Foto’s: Reint Dykema

[nggallery id=61]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carel ·

Ek dink dis baie cool van Ettiene Lewis om dit te doen. Sal hom graag ondersteun as die kans daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.