Gauteng: Nuwe infeksies neem af, maar…

Gautengse premier, David Makhura. (Foto: Twitter)

Die getal nuwe Covid-19 infeksies in Gauteng hou aan daal, maar kenners waarsku die provinsie is nog nie uit gevaar nie.

David Makhura, die Gautengse premier, het Vrydag in sy weeklikse inligtingsessie oor die virus in Gauteng aangedui dat ʼn gemiddel van 3 800 daaglikse Covid-19 gevalle verlede week aangemeld is. Dit is 33% minder as wat die week daarvoor aangeteken is, maar steeds te veel om te kan sê dat die derde vlaag verby is.

Statistieke wat tussen 13 Julie en 20 Julie ingewin is, wys 23,8% van Gautengers wat vir die virus toets, toets daagliks positief. Dit is veel minder as die 40,9% wat drie weke gelede aangeteken is, maar steeds ver bo die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbevole koers van 10%.

“Die druk op ons hospitaalstelsel is ook steeds groot, ten spyte van die afname in nuwe positiewe gevalle. Dit stem ooreen met wat ons tydens die vorige infeksies gesien het,” het Makhura Vrydag gesê.

Gauteng het Donderdag weer 3 655 nuwe gevalle aangeteken. Die Wes-Kaap, met 3 968 nuwe gevalle, het Donderdag vir die eerste keer meer gevalle as Gauteng aangeteken.

Die getal sterftes wat daagliks aangemeld het, het ook afgeneem, maar teen ʼn stadiger koers. Syfers wys dat 2 812 oortollige natuurlike sterftes verlede week aangemeld is.

Dit verteenwoordig ʼn daling van 17% teenoor die 3 380 oortollige sterftes wat die week daarvoor aangemeld is. Oortollige sterftes verwys na die getal sterftes bykomend tot die sterftes wat gewoonlik oor ʼn bepaalde tydperk aangeteken word. Kenners meen dié verskil kan waarskynlik grotendeels aan Covid-19 toegeskryf word.

Ontleders voorspel dat die totale getal aktiewe gevalle in Gauteng waarskynlik binne die volgende twee weke tot minder as 20 000 sal daal. Daar is tans 34 696 mense in Gauteng met Covid-19 onder lede. Die meeste hiervan is in Johannesburg en Ekurhuleni.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

Anel, alles is mos nou covid. Niemand gaan mos meer dood van enige ander oorsaak nie. Jy moet ook onthou om asb jou zombie sop inspuiting te vat. Al slaan jy morsdood neer na die inspuiting het jy ten minste nie van covid dood gegaan nie!

MakersMark ·

Die onvermoë om wetenskap te begryp is nie ‘n argument teen dit nie…..

Jaco ·

Gauteng, waar die ANC in beheer is, was net die ANC-regering se proeflopie om te kyk hoe 1 provinsie erger as die res van die land ingeperk kan word weens corona. Maar die meeste corona gevalle is mos nou in die Wes-Kaap. Mark my words, daardie provinsie waar “die rassistiese DA” in beheer is, gaan 100 maal erger ingeperk word.
Net 10% van die ANC se anti-corona maatreëls is regtig teen Corona. Die ander 90% is net teen wit mense en die wit rol in die ekonomie gemik.

Johan ·

Desember…kyk maar mooi, dit word klaar beplan. Weskaap se beurt. Die pro regulasie bende verstaan dit egter nie, bloed is op hul hande.

Kobus ·

Stem saam absolute rassistiese virus die, gebeur dieselfde in meer as 240 lande te wereld, als net gemik teen als wat wit is. Nou kan arme Jaco en Johan nie eers Desember op die tradisionele strande gaan swem nie, als net om dit te keer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.