Gauteng-onderwys sit met ‘finansiële krisis’

Panyaza Lesufi (middel), LUR vir onderwys in Gauteng, spreek joernaliste toe (22 Oktober 2017). Foto: ANA/Lindi Masinga

Die Gautengse departement van onderwys word deur ʼn ernstige finansiële krisis in die gesig gestaar.

Só het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, Sondag gesê. Hy het joernaliste by die nuutgeboude Nokuthula LSEN School in Lyndhurst in die noorde van Johannesburg toegespreek.

“Ons is onder abnormale finansiële druk. Ons herroep rekenaartablette en slegs matriekleerders sal hulle voortaan ontvang weens finansiële moeilikheid,” het Lesufi gesê. Die departement sit volgens hom met ʼn tameletjie aangesien die nasionale tesourie gesê het geen nuwe geld sal aan onderwys toegeken word nie.

Volgens Lesufi is alles egter gereed vir die meer as 150 000 leerders wat môre met die 2017-matriekeindeksamen moet begin. Drie skole, waaronder Klipspruit-West High School en ʼn skool in Lenasia, word wel noukeurig gemonitor weens onlangse probleme by dié skole. “Ons het ʼn bystandspan wat gereed staan om vraestelle in te neem indien daar betogingskwessies is,” het hy gesê.

Altesaam 150 090 leerders is ingeskryf om matriekeindeksamen te skryf. Dit sluit 108 594 voltydse leerders en 41 497 deeltydse kandidate in.

In die lig van onlangse onthullings van seksuele misdade by verskeie skole in Gauteng, het David Makhura, die Gautengse premier, ʼn spesiale komitee aangestel om die veiligheid van leerders te verbeter. Lede van die komitee sluit Lesufi, Sizakele Nkosi-Malobane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, en Nandi Mayathula-Khoza, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, in.

Lesufi het gesê die komitee sal met veiligheidswagte, skoolhoofde en skoolmeisies binne die volgende 30 dae vergader soos deur die premier beveel is.

Lesufi het ook die jongste inligting oor die departement se nuwe aanlyn toelatingstelsel gegee en gesê die ou metode “was moeilik om te bestuur”. Hy het al die ouers bedank wat van die nuwe platform gebruik gemaak het. “Ouers doen nou aansoek by skole waaraan hulle vantevore nooit eens sou gedink het nie,” het hy gesê.

Hy het gesê minstens 285 834 leerders moet nog by skole geplaas word, terwyl 222 000 reeds geplaas is. Leerders wat nog nie geplaas is nie, is te wyte aan ouers wat nie die skool waaraan die leerders toegeken is, bevestig het nie. Ouers het egter nog tot 31 Oktober kans om plasings te aanvaar en te bevestig.

Aansoeke sal vanaf 1 November weer oopgestel word en slegs skole wat nog plek het, sal dan as opsies beskikbaar wees om uit te kies. “As jy ʼn skool verwerp waaraan jy toegeken is, is dit nie ons skuld nie; ons het ons grondwetlike verpligting as departement nagekom,” het Lesufi gesê.

Daar is 2017 openbare skole in Gauteng wat graad 1 en graad 8 aanbied. Meer as 400 van hierdie skole se graad 1- en 8-klasse is reeds vol. “Die name van die skole wat klaar vol is, sal nie beskikbaar wees wanneer die aansoeke heropen nie,” het Lesufi beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Rocklin Bell ·

Miskien moet Lesufi hom by die finansiële bestuur van sy department bepaal eerder as om agter elke rasse kwessie aan te hardloop.

willie ·

seker nog steeds apartheid se skuld! onbevoegdheid sonder perke!

Fg ·

Dalk het daai woordjie “transformation” wat julle so mooi op jul baniere laat pryk iets daarmee te doen?

Ronnie ·

En weet MM en ander van die ongeveer 1200 onderwysposte wat afgeskaf word in 2018?

Johanna Botha ·

Net mooi alles is n krisis …as dit nie finansieël is, is dit die verkragting van leerders of gelekte vraestelle ….gaan dit OOIT regkom met die onkundige spul wat self nie van beter weet nie !

Basjan ·

Ja-nee, hulle gaan ‘n kommissie van ondersoek instel wat die aangeleentheid moet ondersoek. Daarna gaan jy niks wgeer van die saak hoor nie

andrea van vuren ·

Alles wat voor 1994 gewerk het, is nou vernietig, Godsdiens, finansies, gesondheid, waardes en veiligheid. En Lesufi huil oor alles en nog wat!

Eish ·

Hul noem dit n begroting en jou werkie is om dit te bestuur, vandaar die maandelikse oorbetaling in rekening .Kom ons kyk of Gigaba jou gaan uitbail soos die vlerkediens.

H ·

Onder apartheid was daar nooit nood gewees nie. Wat het verkeed geloop met nuwe SA

Gert ·

Vir kinders tablette gee ? wat doen hulle met dit , MIXIT , Hulle moet leer in die skool en hulle ouers kan tablette vir hulle koop , of het iemand weer n grrot kick back gekry met so baie tablette te koop op die staats betaler se belasting

Marinda ·

Bwhahahaha, die wiele van die gravy trein is besig om nou vinnig af te val.

Johann ·

Nee! Rerig? Whahahahahhaaaa….krises? Min of meer wat gebeur as jou NUMBA WHONE en sy mede knorneute soos jy, uit totale onbevoegdheid ALS vir ALMAL for free wil weggee! Maar nou ja: met n 30% slaagsyfer om te PASS by di motrix…immagine wat.die somme oor n paar jaar gaan sê?

Bielie ·

Ek is SO dankbaar ek is nie deel van daai gemors in Gauteng nie. Ek is SO dankbaar ek bly in die WesKaap waar ek self kan besluit by watter skool ek my kind inskryf. Voorts: ek lag my ‘n papie vir die vent wat nou skielik te min geld het om al die kinders in skole in te kry en dan wil vertel dis nie sy skuld nie. En skielik tablette wil herroep.

Anonieme Lafaard ·

Jy wat so lekker kry vir ons Gautengers se probleme: dalk lag ons onself ook ‘n papie as julle water opraak. Tick tok, tick tok …

Wdp ·

Eskom. Saa. Transnet Nw provinsie. Limpopo….
Wat is nie n krisis nie ? Anc!

Kat ·

Alles wat hulle aanraak of brobeer bestuur is n flop.Lyk nie of hulle dit eers agterkom nie.

Vryheid ·

Min staatsinstansies was nog nie in finansiele moeikikheid is nie. RSA sinking ship.

Tipies ·

Ja en nou is dit apartheid en die Afrikaners se skuld. Die ANC het gratis onderwys belowe en gedink dit is ‘n slim plan om al die vorige Afrikaanse skole ENGELS te maak sodat die ENGELSE kinders daar kan akkommodeer word maar STEEDS was die Minister se somme nie reg nie. Al vat jy AL die voorheen Afrikaanse skole en maak dit Engels is daar steeds te min plek vir al die kinders wat ingeskryf het vir volgende jaar. Nou word daar te veel kinders in ‘n klas gedruk, dan wonder hulle hoekom presteer kinders nie en hoekom maak net ‘n klein persentasie van die wat in Graad 8 begin uiteindelik Matriek klaar. Geld is oral op, Eskom se geld is op, SAUK se geld is op, Watervoorsiening se geld is op, SAL se geld is op .. NOU WAT NOU?? Wie gaan julle nou melk? Die vuisvoos belastingbetaler wat skaars kop bo water hou met stygende kos en petrolpryse?

Kobus ·

Ek onthou nog die groot hoe-ha ook op TV met die uitdeel van hoeveel duisend tablette, nou wonder ek net, hoeveel van die tablette is daar om “herroep” te word ? Gaan dit ook soos die ander aan – “koop en verkoop jou goed om die hoek” gegee word om darem `n paar sent terug te kry ? Eish…

SjN ·

Lesufi, het julle nie die skrywe verstaan nie, daar was gepraat van voorbehoed tablette wat uitgedeel moes word.

Sylvia ·

Wat vir my snaaks is dat hulle niks sê oor die onderwysers wat hulle in Skole oortollig gaan verklaar omdat hulle nie met hulle geld kon werk nie. Is hulle bang vir die oproer wat Gaan gebeur?

André Groenewald ·

Die finansiële krisis word veroorsaak deur wanaanwending en wanbestuur (swak beplanning). Om op posvoorsieningskale te sny om geld te spaar en sodoende ook te begin uitvoering gee aan “slim” ekonome se siening dat onderwysposte met die helfte moet verminder, is nie die antwoord nie. Dankie tog vir vakbonde wat dit met hand en tand beveg. Feit bly dat die ideale terrein van onderwys en opvoeding om ons land op te hef, nie die gevolge van ‘n mislukkende staatsdiens gaan ontkom nie. ‘n Ideale onderwyswêreld sal kan doen sonder politici. Ons moet Chris Klopper en die SAOU se hande sterk – op die oomblik lê ons (Afrikaansmediumonderrig) se heil in hulle hande!

Linda van Mosselbaai ·

Kinders is op 7 jarige ouderdom skoolpligtig – toe hulle gebore is – is hulle geregistreer.
So daar moet mos ‘n idee wees van hoeveel kinders elke jaar moet onderrig word.
Die probleem is dat daar Onderwyskolleges toegemaak is – daar geen onderrig van onderwysers in hulle moedertaal plaasgevind het nie.

Suid Afrika ons faal ons jeug – ons staak en dan gaan die kinders nie skool toe nie – lyk my ons wil hulle onkundig hou – ek wonder hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.