Nog een van die 20 verhoorafwagtende gevangenes wat op 22 Augustus op pad na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis uit ʼn polisievangwa ontsnap het, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê Innocent Masango is in Parkview vasgetrek. Masango is die 11de van die 20 ontsnaptes wat weer in hegtenis geneem is. Die polisie is steeds op die spoor van die ander nege gevangenes.
Maroela Media het vroeër berig die gevangenes het ontsnap toe ʼn polisievangwa wat van die Johannesburg-landdroshof na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis op pad was naby die South Gate-treinstasie in ʼn hinderlaag gelei is. ʼn Groep swaargewapende mans het met gewere toegeslaan en die wa se deur oopgebreek, waarna die gevangenes ontsnap het.
Die ontsnaptes word aangekla van verskeie misdrywe waaronder gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms. Een van die gevangenes is reeds tot 17 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.
“Ons doen steeds ʼn beroep op die publiek om die polisie te help met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die ander ontsnaptes kan lei,” het Makhubele gesê. “Die publiek word gewaarsku om nie die verdagtes te konfronteer nie, maar eerder die naaste polisiestasie of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.”
Wonder wat het van oortjies Hunter geword?
Die skelm se ma het al met geboorte geweet hy gaan steel en roof. Dit het niks gehelp om hom “innocent” te noem nie
Hallo Daan
Hoe weet jy dat sy ma by sy geboorte sou weet?
Skerp, Daan!
Jacques, kry ‘n sin vir humor?
Jacques is dit nie van self sprekend nie kyk na die statistieke maar gaan n stappie verder en kyk na die VSA en Brittanje se misdaad statistieke en Daan se kommentaar sal vir jou duidelik word.