Gauteng-ontsnapping: Sewende ontsnapte aangekeer

Ginondine Sandel, een van die ontsnaptes wat weer aangekeer is (Foto: SAPD)

ʼn Sewende ontsnapte, Ginondine Sandel, een van die 20 gevangenes wat in Gauteng ontsnap het, is aangekeer.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Sandel is Vrydag in Sophiatown in hegtenis geneem. Hy is ʼn verhoorafwagtende in ʼn moordsaak in Sophiatown toe hy saam met 19 ander gevangenes ontsnap het.

“Die polisie volg steeds wenke op oor die ander ontsnapte gevangenes,” het Dlamini verduidelik. “Deur inligting en bystand van die publiek, is die polisie vol vertroue dat al die ontsnaptes binnekort aangekeer sal word.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn polisiewa het die gevangenes op 22 Augustus 2017 teen 16:00 van die Johannesburg-landdroshof na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis vervoer toe die ontsnapping plaasgevind het.

“Die vangwa is by Pat Mbathaweg naby die South Gate-treinstasie in ʼn hinderlaag gelei. ʼn Groep swaargewapende mans het met gewere toegeslaan en die wa se deur oopgebreek, waarna die gevangenes ontsnap het,” het Dlamini gesê. Polisiebeamptes is nie tydens die voorval beseer nie.

Die ontsnaptes word aangekla van verskeie misdrywe waaronder gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms. Een van die gevangenes is reeds tot 17 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Dlamini het gewaarsku dat die verdagtes as gevaarlik beskou moet word en dat die publiek die polisie dadelik moet bel as die ontsnaptes opgemerk word.

Vyf van die gevangenes, Kingley Jooste, Simtembile Moni, Vincent Mowabisi Vandala, Rushden Katz en Sabelo Mbanjwa is binne twee dae ná die ontsnapping aangekeer. Roland Barnard is ook aangekeer ná SS Crime Alert ʼn wenk aan AfriForum se Alberton-buurtwag deurgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Baie nice , wonder wat gebeur met die mense wat met olie gebrand is in die plaasaanval,wat die ou wat die aanvaller met n knipmes doodgemaak nou maak ,hoe dit nou met spur gaan, hoekom Fikile gelieg het oor die KFC saak en die mugabe saak die hoof van misdaadintelligensie wat sy matrieksertifikaat vervals het,die polisieman wat dwelms gesmokkel het in Brasilië,Die DA wat nie die munisipale rekening in Jhb uitgesorteer kry nie,DA wat die erfbelasting so verhoog het in PTA

Ekke ·

Niks om oor tewonder nie! alles doodgesmoor. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie!

Ekke ·

Niks om oor te wonder nie! Alles doodgesmoor! Niks sal ooit weer dieselfde wees nie!! Gli my!

Leahim ·

Die aanvallers ry sekerlik nie rond en val die voertuie wat gevangenis vervoer nie hulle het n spesifieke gevangene kom haal .
Wie is hy?
Hoekom?
Die meeste glo ek was net opportuniste wat op die regte plek op die regte tyd was.

WILLEM ·

Net nog n lekker inside job wat gereel is deur een korrupte polisie offisier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.