Gauteng-paartjie gestrand in die vreemde

Marius Botha en Elske Roux voor die ongeluk. Foto: Verskaf

Marius Botha en Elske Roux voor die ongeluk. Foto: Verskaf

ʼn Gautengse paartjie het twee jaar lank beplan aan hul droomvakansie om Thailand te verken, min wetend dat dit in ʼn oogwink in ʼn nagmerrie sou verander.

Elske Roux (21) en haar kêrel Marius Botha (24) van Sandton in Johannesburg, was byna vir ʼn maand lank in Thailand gestrand nadat hulle daar in ʼn bromponie-ongeluk betrokke was, en nie geld gehad het om mediese onkostes te betaal en terug te keer nie.

“My sussie en Marius het in Mei na Thailand gereis om los werkies daar te doen vir gratis verblyf en ‘n ete elke dag. Hulle het ook geld bymekaar gemaak om die land te verken,” het Roux se suster, Eloise, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Elske Roux nadat sy ontslaan is. Die regterkant van haar gesig is nog lam. Foto: Verskaf.

Elske Roux nadat sy ontslaan is. Die regterkant van haar gesig is nog lam. Foto: Verskaf.

Die paartjie was op 24 Junie in die ongeluk betrokke. Botha het sy skouer, heup en kakebeen ontwrig. Hy het ook sy wangbeen gekraak en ‘n been in sy voet gebreek. Roux het ʼn ernstige kopbesering opgedoen en moes ʼn noodoperasie ondergaan om bloeding op haar brein te verminder.

Roux en Botha is tot onlangs in die Bandon-privaathospitaal op die Koh Samui-eiland behandel. Botha se mediese onkostes, wat reeds betaal is, was sowat R27 000. Roux s’n is sowat R270 000.

Botha het ná die ongeluk verneem dat sy versekering nie die mediese kostes gaan betaal nie, omdat hy nie ʼn rybewys vir ʼn bromponie het nie.

Die hospitaal hou glo die paartjie se paspoorte as versekering totdat ʼn gedeelte van Roux se mediese kostes betaal is.

“Ons bly in hierdie stadium hier by ʼn pastoor en sy vrou wat van die Wes-kaap af kom,” het Botha Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Hulle is baie gawe mense en help ons met kos en verblyf. Elske het nog baie kopseer en pyn ná die operasie. Die regterkant van haar gesig is nog lam en het geen beweging nie. Sy het dringend terapie en waarneming nodig en ons wil haar in Suid-Afrika laat behandel want ons kan dit nie hier bekostig nie.”

ʼn Fonds is gestig vir mense wat wil bydra om Roux te help. Klik hier ʼn e-pos aan Botha te stuur. Klik hier om ʼn e-pos aan Eloise te stuur. Botha is besig om ʼn Facebook-blad te skep met al die besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Novan ·

Ekke voel al die pyn en dinge wat julle nou moet deur maak maar eke hoop ook dat julle gou weer sal na Suid-Afrika terugkeer en veder julle toekoms saam beplan .. Alles gebeur vir ‘n rede maar onthou dat julee nie alleen is nie .. Mag God al sy seëninge na julle se pad vorentoe stuur en mag julle gou weer herstel.. bly biddend die meester verhoooor !!!… #Novan

EMK ·

Nee my jinne tog! Mense moet darem dink voor hulle doen in die vreemde. Dis wat veroorsaak dat sekere lande VEREIS dat alle Suid Afrikaners ‘n minimum bedrag saamneem wanneer hulle na daardie land reis en nie ‘n visum kry voordat hulle nie dit kan bewys nie. Hoe het hulle dan nou gedink kan hulle ry sonder lisensie en di in die vreemde. Ek hoop werklik hulle raak geholpe en kan terugkom maar sowaar dis hul eie skuld dat hulle in so ‘n verknorsing sit!

Marieta ·

Ag asseblief tog! EMK, was jy nog nooit in jou lewe jonk en sorgvry nie. Het jy nog nooit iets spontaan gedoen vir die loutere vreugde nie? Wil jy vir my kom vertel jy het maar elkers in sak en as weggedraai van enige pret, net omdat jy dalk jou toon, voet of kop kon stamp? Geen kind/tiener/jong volwassene bou aan ‘n droom en aanvaar die negatiwiteit van ‘n nagmerrie as realiteit nie. Inteendeel, hulle verheug hul in die wonder van die droom en daarom kan hul spontaan wees en vrye teuels gee aan hul uitbundigheid. Om nou ander lande se beleid aan die kinders se “onverantwoordelikheid” toe te dig, is bietjie absurd. Ek sal vir die 2 bid en ook graag wil help waar ek kan. Ten minste het hul die moed gehad om hul drome na te jaag ipv om in verbitterde suurpruime te ontaard omdat die lewe verby hul gaan omdat hul nie die moed gehad het om bietjie te waag nie.

EMK ·

Marieta, kalm bly meisie. Die twee is nie tieners nie, allermins, mens verwag bietjie meer verantwoordelikheid van hulle veral in ‘n ander land. Ons naam stink al so, in Australië word S Aners gereeld op die lughawe voorgekeer en deursoek agv dwelmsmokkelary deur vorige mense van ons land. Wakker word, en besef die realiteit. Ek het beslis my lewe geniet (en doen steeds) en het wonderlike tye gehad hier en oorsee, maar sal nooit willens en wetens my eie of ander se lewe in gevaar stel deur dom besluite. Wat sou jy sê as hulle ‘n ander se dood veroorsaak het? Sou dit nog jonk en sorgvry en watookal wees in jou oë? Bepaal jou by kommentaar op die berig en moenie my as persoon aanval nie. Laat jy begin met jou kollekte…

Marieta ·

Well I never. Slaan my met ‘n pap snoek! Ek wou eers om verskoning gevra het omdat ek myself dalk te kras uitgedruk het teen jou kommentaar. Maar hoe vergelyk jy die ondeurdagte optrede van ‘n 21 en 24 jarige jeugdige met dwelmsmokkelaars en ander kriminele elemente? Hulle het beslis nie gaan beplan om ‘n ONGELUK te maak nie. Maar tog vind jy dit in jou om ‘n 19 jarige tiener, (net 3 jaar jonger as die dogter) wat doelbewus en met voorbedagte rade ‘n ander tiener gaan doodskiet het, te verdedig! Selfs al het die ergste gebeur en die 2 mense het dalk iemand se lewe gekos, sou dit nog steeds net ‘n tragiese ongeluk wees agv ondeurdagte besluit, maar om willens en wetens ‘n ander se lewe uit weerwraak te gaan neem…ek dink ek begin sommer met my kollekte by jou.

Marlene ·

Het hulle nie travel insurance gehad nie? en ja dis baie stupid gewees om n scooter tehuur sonder n rybewys. My man moes sy rybewys toon en so ook sy paspoort oorhandig. Sterkte aan hulle hoop hulle kom gou huistoe en alle beterskap.

EMK ·

Marietatjie, drink bietjie tee en raak kalm en bepaal jou by die onderwerp van bespreking in plaas van om my as persoon te probeer aanval, jou uitbarsting is regtig infantiel. Wat betref die tiener wat “met voorbedagte rade moord” gepleeg het – dis maar jou opinie en die arme dowwe aanklaers s’n. Lees die berig mooi en sommer nog twee keer sodat jy kan sien die vermoorde was ‘n probleemkind. Ek het ook nie gesê bogenoemde twee het BEPLAN om ‘n ongeluk te maak nie, as jy mooi kalm alles lees sal ‘n liggie êrens dalk vir jou aangaan. Hulle het dom opgetree en klaar. Verder stel ek nie belang om in ‘n kinderagtige bekgeveg met iemand soos jy te raak nie. Jou kollektebussie sal leeg verby my gaan haha!

Marieta ·

Emk’tjie. Vir iemand wat nie belangstel om in ‘n kinderagtige bekgeveg betrokke te raak nie, kan jy darem baie kinderagtige stellings kwytraak. Moet ek dan nou aflei dat dit maar aanvaarbaar is as iemand ‘n kind vermoor, solank mense hom maar net gebrandmerk het as ‘n “probleemkind” ? Of dat ‘n 17 jarige nog nie kan besef dat hy nie die reg het om ‘n ander se lewe te neem nie! Maar moenie komkommer nie. Jou geldjies is veilig. Daar is gelukkig mense wat nog bereid is om ‘n medemens in nood te help, sonder om te oordeel en klippe te gooi. Mag jy dit gespaar word om ooit vir iemand ‘n stukkie brood te vra en dan weggestuur word met ‘n modderkluit.

Marieta ·

Novan en Marlene. Dankie vir jul boodskappies van bemoediging aan die twee jongmense. Marlene soos ek die storie verstaan, is daar wel versekering gewees, maar dat hulle weier om uit te betaal vanwee die feit dat Marius nie oor ‘n bestuurslisensie beskik het vir die bromponie nie. Ek stem… Dit was onbesonne van hulle en ongelukkig moet hul nou ‘n dure les leer, maar opregte harte en gebede het al baie groot wonderwerke laat plaasvind.

Elfie ·

Ek lees nou eers hierdie berig en is nogal geskok deur sommige se venynige en onnodige kommentaar. As ek EMk se 1e kommentaar lees vergelyk hy/sy geensins die 2 se optrede met dwelmsmokkelary vergelyk nie. Daar is bloot geskryf dat SA die muishond is in baie lande JUIS agv sekere resigers van SA se optrede. Optrede soos bv die twee wat sonder bestuurslisensies (wat in ALLE lande teen die wet is)in ongelukke betrokke raak sal natuurlik maak dat mense van SA met valkoë dopgehou word. Hy/sy (EMK)het ook geensins die twee se optrede met dwelmshandelaars ens vergelyk nie, die afleiding/vergelyking blyk slegs in ‘n sekere dame se opinie ontstaan het. Elkeen is geregtig op ‘n opinie en om venynig te raak is onnodig. Ek sien ook in EMK se eerste opmerking ‘n wens dat die twee veilig sal terugkeer maar dit word lyk my nie raakgesien, andere veroordeel ook die twee as “stupid” (sic) maar dit word nou nie raakgesien, wel net dathul hoop die twee kom gou terug – basies dieslfde as wat die EMK persoon genoem het. Om nou ook hierdie berig met heeltemal ‘n ander berig en totale ander geval te wil vergelyk is regtig laf en weereens dis net in die persoon wat die vergelyking tref se skrewe! Nou sal ek ook byvoeg hulle het dom en onverantwoordelik opgetree en die venynige persoon erken dit dan so in haar laaste skrywe. So hoekom so teen iemand uitvaar wat geensins geskryf het wat aan hom/haar toegedig word??

Marieta ·

Elfie net om vir jou duidelikheid te gee indien jy dit dalk misgelees het hal ek emk aan. “Ons naam stink al so, in Australie word S aners gereeld deurgesoek agv van dwelmsmokkelary deur vorige mense van ons land”. Nou vra ek jou, wat het vorige mense se dwelmsmokkelary uit te waai met die 2 jongmense se ongeluk? Dit is vir geen mens lekker as jy weet ‘n geliefde sit iewers ver en verkeer in groot nood, en dit is nie in jou vermoe om te kan help nie. En as iemand jy dan jou trots in jou sak steek en hulp van vreemdes pleit is dit n baie gevoelige slag as iemand dan verwyt en se dit is hul eie skuld dat hul in die verknorsing sit. Dit was nooit ontken nie, inteendeel dit is juis duidelik gemaak toe hul dit gestel het dat Marius nie ‘n lisensie vir die bromponie gehad het nie. As hulle hul skuld wou verbloem, kon hul bloot geswyg het oor die omstandighede van die ongeluk. Sou emk se wens vir hul veilige terugkeer nie die ongevoelige aanmerking bevat het nie, sou geen haan daarna gekraai het nie. Ek merk byvoorbeeld nie dat Novan ‘n oordeel saam met sy/ haar seenwense uitgespreek het nie. En ek stem saam, dit was ‘n onnosele stommiteit wat hulle aangevng het, maar sou dit nie net soveel beter wees as ons eers probeer het om te help en dan agterna die leviete voorgelees het nie? Almal maak foute.

Elfie ·

@Marieta, weereens jy oorreageer. EMK het NIE hul domheid om sonder lisensie te ry vergelyk met die feit dat SA muishond is in ander lande nie. Lees die brief in konteks. EMK het bloot gesê dat mense van SA allerhande dom dinge aanvang en dan die gevolge moet dra. Ek wil ook nie aanhou met jou redeneer want ek kom agter jy ken dalk die twee en jy sien dus net sake soos jy wil. Jy erken self hulle het ‘n fout gemaak en dis bloot wat die EMK ook maar sê! Tog wens hy/sy hul om geholpe te raak en te kan terugkeer. Ander op die forum sê dieselfde en dat hulle “stupid” was (lees weer mooi kommentare!) en snaaks genoeg pla dit jou nie. Klink amper asof jy ‘n persoonlike vete jeens EMK het. Laat ons dit dan maar daarlaat. Jou opinie is joune en so ook elke ander persoon.

michelle ·

Ons was almal jonk! Wat my pla is wat nou met die arme jong mense gebeur, nou, hier in die middel van Augustus. Almal wat kinders het kan tog absoluut voel vir die arme ma en dogter wat mekaar nou so nodig het en nie eens kan vashou nie… En die van ons wat nie kinders het nie, het tog inelkgeval ‘n mamma… Dit klink nou bietjie eenvoudig, maar die liefde is eenvoudig, dis nie iets wat ingewikkeld is nie, dis basies, almal het ‘n mamma… Empatie… Die res van wat ons nou almal hiervan dink is tog minder belangrik… Kom ons bring hulle terug as ‘n volk of wat ookal, ek weet ons gewone Suid Afrikaners gee inelkgeval al ons kleingeld waarvan ons inelkgeval nie meer baie oorhet nie, weg aan die minder bevoorregtes wat left right en centre opduik in ons lewens, en ek soos baie ander mense in die land, doen dit met graagte, baie van ons is mensliewend en ek bedoel, reg oor die kleurgrens… Ek hoop van harte dat hierdie mamma en haar siek dogtertjie verenig kan word… ek dink absoluut almal op hierdie forum stem hiermee saam, kom ons bly by die hooftema! Ek dink wanneer jou dogter so siek is, is sy maar net jou dogtertjie! En wat van die eed van Hippokratus, of is dit nou die hypocryte eed, ek weet dokters werk hard vir hulle geld en so meer, maar ek self gee graag wanneer ek kan en ek kan nou vir julle se, dis nie vir pie in the sky nie, dis lekker om armer te wees maar dankbaar en liefdevol te voel, dankbaar dat jy kan help en om liefdevol te wees, maak jou vol liefde en dit voel beter as om uit kristal glase te drink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.