Gauteng-polisie bekommerd oor taxigeweld

Argieffoto

Argieffoto

Die polisiekommissaris in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die vlaag moorde weens taxigeweld in die provinsie.

“Die geweld wat verband hou met die taxibedryf is ingewikkeld. Ons kom agter dat geweld wat in ander provinsies ontstaan het oorspoel na Gauteng,” het lt.genl. Lesetja Mothiba aan verslaggewers gesê.

Mothiba het gesê ʼn taakspan, wat onder meer uit verteenwoordigers van die departement van vervoer bestaan, is op die been gebring om aandag te gee aan die kwessie van taxigeweld. Volgens Mothiba is die taxibedryf in die provinsie “versadig” en lei dit tot dispute oor winsgewende roetes.

Mothiba het gesê die geweld is as gevolg van die aantal taxi’s in die provinsie en omdat van die taxioperateurs wat voorheen baie winsgewend was, nie meer so baie geld maak nie. Dit lei dan tot dispute.

Die dispuut oor roetes het tot talle skietvoorvalle en aanvalle gelei die afgelope ruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

fransie rowles ·

Ag asb , hul kry mos alles reg met geweld!!
Ons land se leuse deesdae!!

Debs ·

Hy is bekommerd oor taxi geweld!!!! wanneer gaan begin bekommerd raak oor die Misdaad en Moorde ????????????????????????????????? tipies!!!!!

Hein ·

Ek sien ‘n derde element in hierdie taxi geweld. Gatvol motoriste wat siek en sat is vir die geboelie deur taxi’s. As ek hulle nooit weer sien nie is dit te kort. Selfbeskikking in eie gebiede sonder die werkers wat aangekarwei word moet die doel wees waarnatoe ons werk. Siet en sat is ek beslis vir hulle!

Jan ·

Natuurlik sal daar opgetree word om taxi geweld te voorkom. Dit gaan oor die veiligheid van swart mense en moet nie vergeet dat daar geld betrokke is nie. Plaas moorde sal nooit soveel aandag kry nie want dit is mos net gewone misdaad. Hoeveel mense het al gesterf in die geweld en hoeveel op plase?

CHRISTA ·

Dis net jammer dat die sterftes op ons paaie wat deur taxi’s veroorsaak word nie dieselfde aandag kry nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.