Gauteng-polisie gereed vir die langnaweek

motorsleutels

Argieffoto

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het Donderdag ʼn beroep op motoriste gedoen om oor die langnaweek, wat Vrydag met Vryheidsdag begin, baie versigtig op die paaie te wees.

“Owerhede sal op hoë gereedheid wees om beslissend op te tree teen enige verkeersoortredings. Padveiligheid is almal se verantwoordelikheid en ek maan motoriste om seker te maak hulle kom alle padreëls na,” het Nkosi-Malobane bygevoeg. “Padongelukke dra by tot die kommerwekkende koers van sterftes in die provinsie. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die houding en gedrag van padgebruikers. Dwelm- en alkoholmisbruik en onpadwaardige voertuig is maar net van die uitdagings wat die situasie vererger.”

Sy het gesê voetgangers is ook ʼn groot deel van die statistiek van noodlottige ongelukke in Gauteng.

“Die gebruik van selfone wanneer motoriste bestuur en voetgangers wat oorfone gebruik, lei ook tot sterftes. Dis baie belangrik dat mense hulself moet weerhou van alkohol- en dwelmmisbruik en om nie die pad oor te steek waar dit nie veilig is nie, soos snelweë.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hein ·

Ja dis al wat hulle kan doen vang mense op selfone. Diefstal roof saak beskadiging en alles wat die laaste paar dae gebeur het kon hulle nie uitsorteer nie

Manie ·

Dit is so wonderlik om die mense so mooi te vra om versigtig te bestuur op vryheidsdag. Net jammer van die baie mense wat elke dag oor rooi verkeersligte en stopstrate ry in Pretoria. Sal darem help as hulle een dag wetsgehoorsame bestuurders is

ferdi ·

Danki tog di busse staak no kan ons veilig wees op di paai Nou nog net di taxi bestuurders ok afhaal van di paai wat di grootste oorsaak van ongelukke is

jennefer ·

Toe nie, die N1 verkeer staan doodstil. Hopeloos te veel voertuie

jennefer ·

Toe nie, die N1 verkeer staan doodstil. Hopeloos te veel voertuie

Andre ·

Spoed oortreding is nie die enigste oortreding waaraan motoriste hulle skuldig maak nie.
Dit is mos makliker om onder die brug of tussen die bosse weg te kruip as om roekelose of nalatige bestuur oortreders aan te spreek. Verkeers beamptes kan gerus op ander dae ook die paaie observeer en behulpsaam te wees by verkeers opeenhopings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.