Gauteng-polisie op soek na gewapende rowers

ʼn Groep gewapende mans, geklee in polisie-uniforms, het Donderdag ʼn onbekende bedrag geld gebuit tydens ʼn kontant-in-transito-rooftog in Rosslyn, Pretoria.

“Volgens ooggetuies het twee motors in die SBV-geldwa vasgejaag,” het brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie verdagtes in polisie-uniforms het die SBV-wagte met vuurwapens gedreig en met die kontant en drie vuurwapens van die veiligheidswagte gevlug.”

Daar was vermoedelik meer as drie rowers en die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval om hulle te kontak.

“Die voertuig het kontant na die Pretoria-middestad vervoer. Geen skote is gevuur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Onverstaanbaar ·

Onverstaanbaar hoe hierdie geldwaens hulself adverteer met name aangebring op die voertuie. Dis hoogtyd dat fasiliteite só ingerig word dat daar van helikopters gebruik gemaak kan word.

Nice ·

Ekt by SBV gewerk,en nog nooit gehoor hoe maklik dit is om hulle te roof nie seker maar omdat die standaarde geval en hulle net soos fidelity is maklike targets

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.