Gauteng-polisie slaan toe op drank, dwelms

Argieffoto (Foto: Peggy_Marco, Pixabay)

Gautengse wetstoepassers wat saamwerk aan Buya Mthetho-operasies belowe om te volhard in hul stryd teen onwettige drankhandelaars en dwelmhandel aangesien dié twee euwels die grootste bydraers is tot geweldsmisdade teen vroue en kinders, gesinsgeweld en moord.

Die polisie het die naweek in Gauteng 25 drankhandelondernemings toegemaak, beslag gelê op 14 vuurwapens en 51 mense vir dwelmbesit in hegtenis geneem, sê kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder.

Hy vra die publiek moet na vore kom en mense aanmeld wat die jeug aan drank en dwelms blootstel. Enigiemand met sulke inligting kan Stop Misdaad by 086 010 111 bel.

Dlamini sê talle gevalle van verkragting en ontvoering word daagliks aangemeld. Die eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe werk hard om oortreders aan die man te bring.

“Die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Lebogang Mokoena, wat 13 maal lewenslange tronkstraf en 200 jaar gevangenisstraf opgelê is vir ontvoering, roof en die rig van ʼn vuurwapen in die hooggeregshof in sitting in Palm Ridge, is nog ’n bewys dat die polisie hard werk aan sake waarin vroue die slagoffers is,” meen Dlamini.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Is dit 13 vuurwapens wat voorheen aan “wettige eienaars” behoort het, en toe ingegee is vir vernietiging wat nooit gebeur het nie? Ek vra maar net….

Willem Grobler ·

Ek dink dis meer ‘n bewys dat die regters ook nou keelvol raak vir die gemors wat voor hulle verskyn. Dis jammer hierdie vonnisse word altyd samelopend uitgedien. Party van hierdie kriminele behoort vonnisse uit te dien wat opeenvolgend is. Met ander woorde ‘n 100 jaar is presies wat dit sê – een honderd jaar.

Avra ·

Ek stem volkome met jou saam. As dit gesamentlik uitgedien word, word hul in werklikheid net vir 1 oortreding gestraf. Was en sal altyd my standpunt wees. Net jammer die belastingbetaler moet deesdae R450 per persoon in die tronk, betaal. Laat hul groente plant. Vrugte bome om die vrugte in te lê vir tye buite seisoen. Vee vir melk en vleis. Laat hul WERK VIR HUL VERBLYF. Gee hul iets om te doen. Al is dit om groot klippe klein klippies te maak en klein klippies sand. Hulle moet MOEG wees aan die einde van die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.