Gauteng-polisie trek meer as 570 vas

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Gauteng het minstens 572 verdagtes regoor die provinsie op verskeie aanklagte in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, is die verdagtes Donderdag tydens ʼn spesiale operasie in hegtenis geneem.

“Klopjagte en die opsporing van gesoekte misdadigers het tot inhegtenisnemings gelei.” Volgens Makhubele is daar onder meer 39 verdagtes in Sedibeng in hegtenis geneem, 110 in Johannesburg, 193 in Ekurhuleni, 188 in die Tshwane-metro en 42 aan die Wes-Rand.

Die verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer moord, verkragting, kaping, die besit van gesteelde voertuie, diefstal, ontvoering, sakeroof en ander ernstige gewelddadige misdade.

“Daar is 95 verdagtes in hegtenis geneem wat deur die polisie gesoek is vir geslagsgeweld, misdade teen kinders, huishoudelike geweld en ander misdade soos moord, kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding.”

Makhubele het gesê 20 verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van dagga terwyl drie verdagtes in Hillbrow vir dwelmhandel in hegtenis geneem is.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in howe regoor die provinsie verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Puik werk, terwyl die bal aan die rol is verwyder sommer die misdadigers uit die samelewing. Dit gee die SAP lede vertroue en ervaring wat hulle nodig het. Daar is net te veel Suid Afrikaners wat nie landwette nakom en ‘n luukse bestaan maak uit onwettighede.

Cherokee ·

Is misdadigers (en polisie) nie ook gebind aan rampregulasies nie? Daar is reeds verslapping toegepas op taxis. Ek hoop nie dit geld vir crooks ook nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.